Local news

Gimmies slaggereed vir Inter na top prestasies by Gimmie-Prestige

Een van die sterre op die dag was die naelloper, Sandri van Rooyen, wat in die dogters o.19-kategorie drie rekords in die 100m, 200m en 100m hekkies gebreek het.

Potchefstroom Gimnasium se atlete het medaljes soos soetkoek ingesamel by die afgelope Gimmies Prestige Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 10 Februarie plaasgevind het,

Met die Noordwes Interhoër op hulle voorstoep het Gimmies bewys dat hulle gereed vir aksie is tydens Saterdag se byeenkoms wat in snikhete toestande op die NWU McArthur Atletiekstadion plaasgevind het.

Lana Burger tydens die verspring-item. Foto: Wouter Pienaar.
Alri Verster was weer puik in die middelafstande. Foto: Wouter Pienaar

Die room van Gimmies se atlete het teen Hoërskool Dr Malan, Vereeniging Gimnasium en Windhoek Gimnasium van Namibië gekompeteer.

Een van die sterre op die dag was die naelloper, Sandri van Rooyen, wat in die dogters o.19-kategorie drie rekords in die 100m, 200m en 100m hekkies gebreek het.

Sandri van Rooyen het drie rekord by die byeenkoms gebreek. Foto: Wouter Pienaar.
Lehann Bownes op pad na die wenstreep.

Dit was veral haar tyd in die 100m hekkies, ‘n verstommende 13.94 sekondes, wat die oë laat rek het. Sy het ook ‘n 11.85 sekonde tyd in die 100m gehardloop en 200m in 24.23 sekondes voltooi. Die 100m rekord het vanaf 1997 gestaan, die 200m rekord vanaf 1996 en die 100m hekkies rekord sedert 2015.

Ander rekordbrekers op die dag is Imke Bornman (o.14 gewigstoot) met ‘n nuwe afstand van 12.86 meter wat die vorige rekord met 36 sentimeter verbeter het.

Stephané Hook hou ook aan om die rekordboeke te herskryf met ‘n fantastiese gooi van 47,11 meter wat die vorige rekord van 42,63m verbeter wat Wiané Joubert in 2019 opgestel het.

Algeheel behaal Gimmies 61 goud, 61 silwer en 63 brondmedaljes.

Hier is ‘n lys van al die eerste plekke wat Gimmies behaal het:

Dogters:

Ronél Hartman: 200 m

Zeldie Venter: 100 m & 200 m

Sandri van Rooyen: 100 m, 200 m & 100 m hekkies (3 nuwe rekords)

Micaela Fourie: Verspring

Andrea Steynberg: 800 m

Minke Bester: 800 m & 1500 m

Mathilda Liebenberg: 800 m

Alri Verster: 800 m & 3000 m

Abbigail Viljoen: 3000 m

Imké Bornman: Gewigstoot & Diskusgooi

Stephané Hook: Spiesgooi

Mariné Jacobs: Gewigstoot & Diskusgooi

Christie Moolman: Spiesgooi

Talitha van Jaarsveld: Spiesgooi

Ilané Moolman: Spiesgooi

Chanel Duarte: Verspring

Nicolene Minnaar: Driesprong

Keilla Chatambudza: 300 m hekkies

Emma Joubert: 400 m hekkies

Stefanie Bamm: Hoogspring

Mikayla Swanepoel: Verspring

Liane Nel: Verspring en driesprong

Seuns:

Ruan Steyn: 200 m

Durand du Plooy: Verspring

Zak Swanepoel: 200 m

Oarabile Koena: 400 m

Lourens Jacobs: 100 m

Toks Becker: 400 m

Wihan Strydom: 400 m, 800 m, 1500 m & Spiesgooi

Bertus van der Linde: 1500 m & 3000 m

Armin Opperman: Gewigstoot

Logan Botes: Diksusgooi

Wium du Preez: Gewigstoot

Rigardt Joubert: Diskusgooi

Charlie Botha: 100m hekkies

Conner Hollenbach: 100 m hekkies & 300 m hekkies

Rienk van Wyk: 110 m hekkies

Jean Groenewald: Hoogspring

Divan Buys: Verspring

Related Articles

Back to top button