Local news

Tydelik geskorste NWU student maak oop oor R en O-voorval

Afriforum Jeug het vanoggend, 9 Februarie opdrag gegee om moontlike regstappe teenoor die NWU te neem rakende die skorsing van ‘n senior student, Shaun Christie.

AfriForum Jeug het vandag (Vrydag, 9 Februarie) hul steun vir ‘n NWU student, wat voorlopig geskors is, beklemtoon.

Dit na ‘n voorval waar hierdie student, Shaun Christie, tydens ‘n Registrasie en Oriëntasie-sessie van eerstejaars op die Amfiteater van die Potchefstroomkampus in opstand teen ‘n LGBTQIA+ inligtingsessie gekom het.

Die Herald het vroeër berig dat die Noordwes-Universiteit (NWU)Noordwes-Universiteit (NWU) besig is met ‘n dissiplinêre ondersoek nadat Christie, ‘n Registrasie en Oriëntasie (R&O) sessie omver gegooi het deur sy ontevredenheid uit te spreek teenoor LGBTQIA+ kwessies wat deel is van die program.

NWU woordvoerder, Louis Jacobs staaf dat ‘n dissiplinêre ondersoek hangende is.

Volgens ‘n persverklaring wat AfriForum uitgereik het, het Christie openlik beswaar gemaak teenoor die kwessies wat bespreek is.

“Shaun Christie het na bewering kritiek gelewer en aangevoer dat studente nie veilig voel om oor Christenskap te praat nie, maar dat gesprekke oor genderkwessies wel toegelaat word,” lui die verklaring.

Afriforum Jeug het hul jeugspan vanoggend, 9 Februarie opdrag gegee om moontlike regstappe teenoor die NWU te neem rakende die skorsing van ‘n senior student.

“AfriForum Jeug sal nou ondersoek instel na die gronde van die betrokke student se tydelike skorsing. Volgens inligting ontvang is die student vanweë beweerde disrespekvolle optrede geskors. Sy skorsing behels onder meer dat hy nie die kampus mag betree of gebruik mag maak van enige fasiliteite nie. Hy mag ook nie deelneem aan enige akademiese verrigtinge of geregtig wees op enige regte waarop ’n NWU-student gewoonlik mag aanspraak maak nie,” lui die verklaring verder.

Shaun Christie het in ‘n video op AfriForum Jeug se Facebookblad meer oor sy voorlopige skorsing vertel.

Ronald Peters, Afriforum Jeug se woordvoerder, beklemtoon dat studente nie verhinder mag word om hul opinie te spreek indien hul nie saamstem met standpunte wat geneem word of aktiwiteite wat plaasvind op kampus nie. “Hierdie saak raak die kern van vryheid van uitdrukking, ’n grondwetlike reg wat in alle demokratiese samelewings beskerm moet word.”

“Ons ondersteun die beginsel dat universiteite plekke van oop dialoog en verskillende menings moet wees, waar studente nie onderdruk, stilgemaak of gestraf moet word vir hul persoonlike oortuigings nie. Hierdie student het geen ander student se regte geskend nie, maar sý reg tot vryheid van uitdrukking is egter geskend en sy reg tot vryheid van assosiasie is van hom en sy medestudente ontneem. Ons kan nie toelaat dat die bestuur van ‘n universiteit ‘n narratief dryf en studente nie toelaat om daarteen op te staan, indien hul nie daarmee saamstem nie,” sluit Peters af.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button