Local newsSportSport

Volkie vier sy 18de verjaarsdag met ‘n honderdtal

Volkies se Diaan van der Merwe sal nie sommer 3 Februarie 2024 vergeet nie.

Die krane van seën het behoorlik vir Volkies se eerstespan aanvangskolwer, Diaan van der Merwe, oopgedraai toe hy op sy 18de verjaarsdag ‘n fantastiese 112* (133 balle) aangeteken het.

Sy honderdtal, wat 5 viere en 4 sesse ingesluit het, was ‘n krieketpresent wat hy nie sommer sal vergeet nie. Sy beurt was die spreekwoordelike kersie op die verjaarsdagkoek vir Volkies se eerste krieketspan wat met ‘n 171-lopie oorwinning vir Hoërskool Centurion in die Finsbury A-liga op Saterdag, 3 Februarie geklop het.

Diaan van der Merwe het op sy 18de verjaarsdag vir Volkies geskitter. Foto: Estie van Wyk.
Louis van Wyk het ook met 83 lopies uitgeblink.
Foto: Estie van Wyk.

Volkies teken 334/5 in hul 50 boulbeurte aan om in beheer van sake te wees toe die spanne etenstyd neem. Louis van Wyk maak 83 van 80 balle en Ruan Smit 52 van 57 balle.

Na etenstyd was Volkies se boulers steeds honger, nie vir kos nie, maar vir paaltjies.

Die blondekop draaier, Dian Liebenberg (5/31 in 9 boulbeurte) wys sy vaart in Centurion om die partytjie vir Volkies verder voort te sit. Devan Oberholzer beïndruk ook met 2/27 in 5 boulbeurte.

Dian Liebenberg neem 5/31 met sy draaiballe. Foto: Estie van Wyk.
Volkies se eerste krieketspan vier nog ‘n paaltjie.

Slegs Charl Prinsloo (69 van 69 balle) rig enige iets uit vir die tuisspan met die kolf.

Tot dusver is Volkies onoorwonne in die Finsbury A-liga met drie oortuigende bonuspunt-oorwinnings teen Menlopark, Centurion en Nelspruit in die sak.

Volgende is ‘n kragmeting met ‘n sterk Waterkloof-span in Pretoria op Saterdag, 10 Februarie, wat ‘n groot toets sal wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button