Local newsNewsNews

Fietsrygemeenskap neem afskeid van Botha-egpaar

CycloDNA en die fietsrygemeenskap het afgeskeid geneem van die Botha-egpaar wat in 'n vliegtuig-fratsongeluk oorlede is.

CycloDNA het saam met hul fietsrygemeenskap op 13 Januarie ‘n afskeidrit vir Casper en Estelle Botha wat op 29 Desember in ‘n frats-vliegongeluk dood is, gehou.

Philip Botha, seun van die oorledene en Ryno Schutte. Foto: Cornelia Hitge.

Die oorledenes was deel van die fietsry-familie en die impak wat hul teenwoordigheid gemaak het kon duidelik op almal se gesigte gesien word. Meer as 50 fietsryers en ‘n vloot van nege voertuie het die Eleazer-pad aangepak om lanterns op te stuur ter afskeid.

Nico van der Merwe, wat vroeër vanjaar 1 000 myl vir Every Nation gery het. Foto: Cornelia Hitge

Die program is met gebed geopen en mense wat gepraat het oor die oorledenes waar meer as een met traangevulde oë gestaan het. Die fietsryers het daarna in groepe van 15 vertrek en by die Eleazer-pad bymekaargekom vir ‘n groepfoto.

Die fietsryers neem ‘n groepfoto voor hul die afskeidsrit aanpak. Foto: Cornelia Hitge.

Dit was ‘n emosionele rit waar daar gelag en gehuil is. Die lanterns is omstreeks twintig oor sewe die lug ingestuur, en ‘n stilte het oor die groep gehang terwyl hul die lanterns dopgehou het.

Die fietsryers het daarna teruggery CycloDNA toe om die aand met pizza af te sluit. In eienaar Dana Schutte se woorde: “Die stalperde wil terug stal toe. Hulle ruik pizza.”

Related Articles

Back to top button