Local newsNews

PAWS raak honde-harte aan in Sonderwater

Maandag, 15 Januarie was uitreikdag by PAWS. Hierdie organisasie het ‘n omgee-hart vir diere en het verskeie maniere hoe hul diere help.

PAWS het 15 Januarie ‘n uitreik geloots om verligting te bring vir honde in die gebiede buite Potchefstoom.

Johan Jooste, Agnes Kumwende, Mulalo Nevhungoni, Andries Venter en Sam Manjo is die omgee-span wat die pad Sonderwater toe aangepak het om kos vir honde uit te deel, mense te leer hoe om met die honde te werk en hoe om te kyk of die honde siek is of nie. Dit was ‘n suksesvolle uitreik en net een hond is teruggeneem PAWS toe om behandeling vir bosluiskoors te ontvang.

Twee seuns bring hul hond vir vlooibehandeling.

Die Herald het die uitreik meegemaak en is opnuut tot die besef gebring dat PAWS afhanklik is van inwoners en besighede se skenkings om hul visie en missie te kan volbring. Siende dat PAWS afhanklik is van skenkings kan hul net ‘n beperkte hoeveelheid kos uitdeel. Daar was honde wat die kos omtrent ingeasem het omdat hul hongerte dit onmoontlik maak om rustig te eet.

‘n Hond is oorstelp en kan nie wag om weg te
val aan die kos wat die seuntjie aandra nie.

Die huidige ekonomiese klimaat laat almal se geldriviere opdroog, wat plekke soos PAWS die meeste raak. PAWS maak werklik ‘n verskil in die omgewing en sal enige donasies met ope arms ontvang.

Sam Manjo behandel ‘n hond vir vlooie.
Andries Venter maak kennis met ‘n baba hondjie. Foto: Cornelia Hitge.

Related Articles

Back to top button