SportSport

Oud-Gimmies kook met die kolf in Limpopo

Ruan Haasbroek en Louren Steenkamp het albei gister (Woensdag, 20 Desember) honderdtalle vir die Impalas in hulle wedstryd teen SWD in Polokwane gemoker. 

Twee oud-Gimmie krieketspelers wat in 2015 gematrikuleer het, is tans besig om vir die Limpopo Impalas in Divisie 2 van die 4 Dag-reeks uit te blink.

Ruan Haasbroek en Louren Steenkamp het albei gister (Woensdag, 20 Desember) honderdtalle vir die Impalas in hulle wedstryd teen SWD in Polokwane gemoker.

Haasbroek het 144 (178 balle) aangeteken wat 25 viere ingesluit het. Dit is ook Haasbroek se hoogste eersteklas telling. Steenkamp het met 106 (151 balle) uitgeblink. Sy beurt het 13 viere en twee sesse bevat.

Dit was ‘n spesiale oomblik vir Steenkamp wat sy honderdtal saam met Haasbroek in die middel van die veld kon deel.

Ruan Haasbroek en Louren Steenkamp saam met Hester Parsons. Die Limpopo Impalas word deur Hester se man, voormalige Noordwes afrigter, Gordon Parsons, afgerig. Foto: Facebook.

Agt jaar gelede het hierdie twee spelers nog saam vir Gimmies gekolf en nou doen hul dieselfde in die verre noorde van die land.

Sover het Haasbroek 515 lopies hierdie seisoen in divisie 2 se 4-Dag reeks geslaan en is die voorste lopiemaker vir die Impalas. Hy het ‘twee honderdtalle en ‘n vyftigtal in sy sak. Steenkamp is in die tweede posisie met 475 lopies. Laasgenoemde het ook al drie vyftigtalle en ‘n honderdtal geslaan.

Limpopo Impalas se band met Potchefstroom is verder versterk met Gordon Parsons, voormalige Noordwes en Lions afrigter, wat nou hoofafrigter by Limpopo is.

Limpopo is vir 475 uitgeboul. SWD is tans op 84/1 op dag 2.

Ruan Haasbroek het vanjaar al 2 honderdtalle en ‘n vyftigtal vir Limpopo aangeteken. Foto’s: Facebook.

Related Articles

Back to top button