BlogsOpinions

Lees tussen die lyne: Lions in die sop oor transformasie

Net drie van Suid-Afrika se SuperRugby spanne voldoen aan die transformasie doelwit van 35% swart spelers in hulle spanne.

Net drie van Suid-Afrika se SuperRugby spanne voldoen aan die transformasie doelwit van 35% swart spelers in hulle spanne.
Die Bulls, Kings en Stormers is die enigste spanne wat aan die doelwitte voldoen. Die Cheetahs het 24% en die Sharks het 27% maar die Lions het glo net 17% swart spelers in hulle span.
Volgens News24 het Kevin de Klerk, Leeus president, gesê dat die unie nie genoeg geld het om top swart spelers te trek nie.
Ek weet dat transformasie in sport ’n baie emosionele kwessie is vir sommiges in die land. Ek weet ook dat dit nodig is om almal gelyke kans te gee om te presteer in die sport van sy/haar keuse. Tog verstaan ek ook die penarie waarin meeste unies in Suid-Afrika hulself bevind. Die probleem is dat ontwikkeling op voetsoolvlak nie voldoende is nie. In die televisiebedryf, waarin ek vir sowat vyf jaar gewerk het, het ons dit die “black diamond” verskynsel genoem. Daar is so min ervare en geskoolde swart mense in die televisiebedryf dat meeste van hulle groot salarisse verdien by groot maatskappye. Die middel- en klein besighede kan dit bloot nie bekostig om die persone aan te stel nie. Dan weet die werknemers ook dat maatskappye hulle vaardighede en velkleur nodig het om aan transformasie te voldoen.
Op sy beurt op sportvlak is dit dieselfde verskynsel.

Top swartspelers sit met aanbiedings van alle unies, so hulle kan die beste aanbod aanvaar. Unies slaan vuis oor dié “black diamonds”. So, die aanbiedinge word net groter. Sodoende val die kleiner unies eers uit, dan die armer groot unies.

Die feit dat die Lions op die oomblik een van die beste SA spanne in die kompetisie is, is ook ’n punt wat bespreek moet word. Die algemene gevoel is dat die kwotastelsel verhoed dat afrigters die beste spanne kan kies. Ek stem saam dat as ’n afrigter forseer word om ’n sekere speler te kies, dat dit die spangees omvergooi. Soos ’n kind wat vir ’n eerstespan gekies word omdat sy pa die lapa borg. Die res van die spelers wil nie saam met daardie kind speel nie, omdat niemand glo dat hy verdien om daar te wees nie. Dieselfde effek word in die kleedkamer gevoel as daar ’n kwotastelsel in plek is.
Daar is baie talentvolle swart rugbyspelers in Suid-Afrika, maar is daar genoeg dat al die SuperRugby spanne aan die vereistes kan voldoen en steeds kompeterend bly? Veral as daar op skoolvlak by veral voorheen benadeelde skole niks gedoen word om die sport werklik te ontwikkel nie. Kry meer werklike ontwikkeling op hierdie vlak voor die unies te veel moeilikheid gegee word oor hulle eie spanne.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button