Local newsNewsNews

Kersfeesgees by Liggiefees

Na 'n jaar van afwagting het Potch Liggiefees amptelik begin.

Potch Liggiefees, aangebied deur en ten bate van Abraham Kriel Kinderhuis het 2 Desember afgeskop met gaskunstenaar Bernice West.

Bernice West het baie Potchefstromers Liggiefees toe gelok. Foto: Cornelia Hitge.

Die Liggiefees is ‘n baie gewilde gebeurtenis in Potchefstroom. Daar was voor 17:30 Vrydagmiddag reeds ‘n ry, alhoewel die hekke eers 18:30 oopmaak.

Liggiefees bied ‘n kersmerk waar jy dalk net die perfekte kersgeskenke kan raakloop. Die kerrie-en-rys, aartappel op ‘n stokkie en pannekoek kry elke jaar groot aftrek, en die keer was geen uitsondering nie.

Buiten die asemrowende liggieskouspel en uitstallings is daar ‘n trein waarin kinders kan ry, ‘n speelpark vir jonger kinders, en ‘n pretpark vir die hele gesin en vriende.

Voor vanaf links: Wikus van Schalkwyk en Tione Swart. Agter vanaf links is Daniël Bester, Tiaan Janse van Rensburg, Erich Mostert, George Kotze en Nel Nieuwoudt. Foto: Cornelia Hitge.

Die hoof-gebeurtenis vir die aand was natuurlik die gaskunstenaar Bernice West. Kort voor lank was die tafels rondom die verhoogtent gepak met afwagtende bewonderaars.

Lisa-Marie Tesnaar, Michaela Devenish, Melincke Botha en Zandri Grobbelaar is opgewonde vir Bernice West se optrede. Foto: Cornelia Hitge.

Van nou af tot 31 Desember hoef jy nie te wonder waar om jou gesin en vriende te vat nie – Liggiefees is die perfekte kuierplek.

Related Articles

Back to top button