![Die Laerskool Midvaal in Meyerton se o.13-netbalspan het Saterdag die Sedibeng-liga gewen en sodoende gekwalifiseer om aan die Gauteng-kampioenskap deel te neem. Van links is: Mika Snyman, Mcaylee van Wyk, Elke Ebersohn, Megan van Heerden (kaptein), Marelize le Grange, Keara-Linn van der Walt (onderkaptein), Esmé van Dyk (afrigter) Sanry Warrington en Anjenet Bezuidenhout. Foto: André du Toit](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2015/06/MG_0957-Large.jpg)
MEYERTON. – Die Laerskool Midvaal se o.13-netbalspan het Saterdag sy staal gewys toe hy die Laerskool Emfulenipark in die halfeindronde met 21-4 en die Laerskool DF Malherbe met 21-14 in die eindstryd geklop het om as die Sedibeng-kampioen gekroon te word. Met dié sege kwalifiseer die skool om aan die Gauteng-kampioenskap op 16 Junie in Boksburg by die Hoërskool Dr. EG Jansen deel te neem.
So het die skole in die Sedibeng D7 en D8-liga geëindig: o.10A: 1. Laerskool Vryheidsmonument, 2. Laerskool Midvaal, 3. Laerskool Kollegepark en 4. Laerskool Risiville. o.10B: 1.Laerskool Risiville, 2. Laerskool Kollegepark, 3. Laerskool Vryheidsmonument en 4. Laerskool Emfulenipark. o.12A: 1. Risiville, 2. Vryheidsmonument, 3. Kollegepark en 4. Emfulenipark. u.12B: 1. Risiville, 2. Vryheidsmonument, 3. Kollegepark en 4. Volkskool.
o.13A: 1. Midvaal, 2. DF Malherbe, 3. Kollegepark en 4. Emfulenipark. o.13B: 1. Risiville, 2. Kollegepark, 3. Volkskool en 4. Emfulenipark.
Die volgende spanne gaan Dinsdag 16 Junie by die Hoërskool EG Jansen in Boksburg aan die Gauteng Laerskole netbal kampioenskap deelneem:
o.12A: Risiville en Vryheidsmonument. o.13A: 1. Midvaal en 2. DF Malherbe.