Local newsNewsNews

Dassierand Begrafplaas – Wat gaan hier aan?

Dassierand Begrafplaas laat verskeie wenkbroue lig en blyk dat alles nie pluis is nie.

Daar is baie vrae wat gevra kan word rakende die Dassierand begrafplaas. Die begrafplaas, wat tans twee jaar oud is, is reeds gevul met grafte wat so naby aan mekaar is dat daar nie tussendeur die grafte geloop kan word nie.

Meeste grafte is slegs ‘n hoop grond met ‘n grafsteen aan die kop. Baie grafte wat slegs ‘n kopsteen het is oorgroei en onidentifiseerbaar.

Die grafte is so na aan mekaar dat daar slegs enkele plekke is waar daar tussen grafte beweeg kan word. Foto: Cornelia Hitge.

Die parkeer-terreine is oorgroei deur onkruid, en die onkruid kruip op talle plekke oor die pad se rand in die pad self in. Dit blyk dat die enigste infrastruktuur wat onderhou word op die perseel is die geboue en die veiligheidsheining wat die begrafplaas omring.

Die pad in die begrafplaas word stadig maar seker deur onkruid oorgeneem. Foto: Cornelia Hitge.

Volgens ‘n status quo verslag oor die ontwikkeling van begraafplekke in Dassierand wat deur die Burgermeesterskommittee op 1 Januarie 2023 uitgegee is, is die begrafplaas-projek geskep om ‘n geskatte populasie van 162 762 te akkommodeer. Die populasie sluit Potchefstroom as dorp, Mohadin, Ikageng, Promosa, Dassierand, en ontwikkelde informele nedersettings in. Omgewingsgoedkeuring vir die projek is ontvang.

Die beplanning sluit in dat daar spasie is vir 14 000 grafte op die 19.5 hektar wat gebruik is om die begrafplaas op te ontwikkel. Die begrafplaas is beplan om ‘n leeftyd van 12 jaar te hê.

Die Munisipale Infrastruktuur Toelae het die bedrag R 25, 901, 99.44, belasting en professionele fooie ingesluit, goedgekeur vir die projek. Hans-Jurie Moolman, DA raadslid, bevestig egter dat die finale projek-koste R 34 799 808.83 beloop het.

Die projek se beplanning lui dat dit oor twee finansiële jare sou plaasvind met die hersiene voltooiingsdatum aangedui as 17 Junie 2022. Daar is wel nie ‘n finale voltooiingsdatum aangwys nie, en die projek is tans op 75% voltooiing.  Die volgende vrae kan dus gestel word; waarom verskil die goedgekeurde projek-koste en die finale projek-koste? Wanneer gaan die projek voltooi word? Waarom word grafte nie onderhou sodat die grafte gemaklik besoek kan word nie? Waarom is die grafte so naby aan mekaar?

*JB Marks Munisipaliteit het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button