Local newsNewsNews

Noordwes tot Noordkaap by Tweekamp Interprovinsiaal

Zoli de Kock vanaf Aquazone Potchefstroom is aangewys as die tweede beste swemmer.

Tweekamp atlete regoor die land het 5 November in Potchefstroom bymekaar gekom vir ‘n Tweekamp Interprovinsiale kompetisie. Die Tweekamp was aangebied deur die Noordwes Tweekamp voorsitter Yolanda Kruger. Die atlete het op die Puk McArthur baan gehardloop en in Potchefstroom Dam-swembad geswem.

Kruger verduidelik dat Tweekamp bestaan uit baan-hardloop en swembad-swem. Die afstand wat atlete hardloop wissel tussen 400m en 800m, en die swem-afstand wissel tussen 25m en 100m.

Die atleet se algehele punt word bewerk deur hul hardloop-tyd en swem-tyd in punte om te skakel deur middle van ‘n punte-tabel. Vir ‘n atleet om in aanmerking te kom vir ‘n provinsiale span moet hul 2000 punte hê

Leerlinge van Potchefstroom Gimnasium, Laerskool Mooirivier, Potchefstroom Girls High en Hoërskool Ferdinand Postma het aan die Tweekamp deelgeneem.

Tweede vanaf links is Cha’Risa Denobili vanaf Ferdies. Sy het negende in die o/19 dogters-kategorie geplaas. Foto: Verskaf.

Potch Central onderwyseres Elmarie Engles het saam Aquazone se Zoli de Kock aan die Meesters-kategorie deelgeneem.

“Noorwes atlete van so ver as Stella, Schweizer-Reneke en Ottosdal was ook daar,” sê Kruger. “Atlete van Noordwes het gekompeteer teen atlete van Suid Vrystaat, Noord Vrystaat, Noordkaap, Sentraal Gauteng, Noord Gauteng en Mpumalanga vir Podium-posisies.”

Zoli de Kock het tweedeplek in die Top Drie Swemmers-kategorie losgeswem.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button