NewsNews

Man dood na brand, provinsie het nie meer helikopterdiens

’n Man is Vrydag in die Tshepong hospitaal oorlede nadat sy huis in Promosa Donderdag omstreeks 16:00 aan die brand geraak en hy 40% brandwonde opgedoen het.

’n Man is Vrydag in die Tshepong hospitaal oorlede nadat sy huis in Promosa Donderdag omstreeks 16:00 aan die brand geraak en hy 40% brandwonde opgedoen het.
Volgens konst. Kelebogile Trom, polisiewoordvoerder, het die 42-jarige man geslaap toe die huis aan die brand geraak het. Die brandweer het die brand geblus, waarna ER24 en provinsiale paramedici die man behandel het.
Volgens Trom blyk dit dat die brand deur ’n sigaret veroorsaak is.
Die man is aanvanklik na Potchefstroom hospitaal geneem, waarna hy na die Tshepong hospitaal oorgeplaas is. Die man is Vrydag daar oorlede.
Die Herald verneem dat daar aanvanklik voorgestel is dat die man per helikopter na ’n spesialis brandeenheid vervoer word, maar omdat die man nie ‘n mediese fonds het nie, is hy per ambulans vervoer.
Die provinsiale noodhelikopter- diens, wat in Klerksdorp gebaseer was, bestaan nie meer nie. Slegs privaat maatskappye soos ER24 en Netcare 911 beskik oor noodhelikopters.
Dié maatskappye sê hulle het geen probleem om pasiënte per helikopter te vervoer nie, maar omdat dit baie duur is, moet daar ’n manier wees om die koste te verhaal.
Die Herald verneem daar is glo fondse in die begroting van die provinsie beskikbaar waaruit privaat maatskappye betaal kan word vir helikoptervervoer. Dié geld word glo weinig gebruik.
Teen druktyd het die departement van gesondheid nie reageer op die Herald se versoek op kommentaar nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button