Local newsNewsNews

Kragopwekker uiteindelik herstel

"Noodsaaklike dokumentasie soos identiteitsdokumente, paspoorte en doodsertifikate kon eers na verskeie besoeke aan die kantoor verkry word."

Gebrekkige kragtoevoer is uiteindelik by die kantore van die Departement Binnelandse Sake in Potchefstroom herstel nadat dienslewering vir etlike maande gekniehalter is.

Op Woensdag, 27 September is die kragtoevoer eers herstel nadat die Vryheidsfront Plus glo ‘n versoek aan die minister van Binnelandse Sake, dr. Aaron Motsoaledi gerig het.

Die noodkragopwekker het glo onklaar geraak en was vir maande nie herstel nie.

VF Plus-raadslid in die Nasionale Raad van Provinsies, Fanie du Toit, noem dat hierdie kantoor inwoners van ‘n groot gedeelte van Noordwes bedien.

Inwoners van afgeleë gebiede moet teen groot onkoste na Potchefstroom reis vir basiese dienste.

“Noodsaaklike dokumentasie soos identiteitsdokumente, paspoorte en doodsertifikate kon eers na verskeie besoeke aan die kantoor verkry word.

“Dit is ‘n skande dat ANC-beheerde regeringsinstellings, wat verantwoordelik is vir die lewering van noodsaaklike dienste aan die gemeenskap, telkens byna gedwing moet word om hul basiese verantwoordelikhede teenoor Suid-Afrikaners na te kom,” noem Du Toit.

* Die Herald het die Departement van Binnelandse Sake gekontak, maar teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button