SportSport

Buiteklub verloor ‘n ware staatmaker

Die bestuur van die Potchefstroomse Buiteklub het hul skok uitgespreek met die skielike heengaan van Hannes Botha, die voorsitter en klubkaptein van die Buiteklub, op Sondag 17 April oorlede is. Hannes het diep spore getrap, nie net by die klub nie, maar ook in Noordwes gholf en senior gholf in Suid-Afrika. Hannes was ook lid …

Die bestuur van die Potchefstroomse Buiteklub het hul skok uitgespreek met die skielike heengaan van Hannes Botha, die voorsitter en klubkaptein van die Buiteklub, op Sondag 17 April oorlede is.
Hannes het diep spore getrap, nie net by die klub nie, maar ook in Noordwes gholf en senior gholf in Suid-Afrika. Hannes was ook lid van die bestuur van die Noordwes Gholfunie en voorsitter van Senior Gholf SA. Hy sal onthou word as ‘n ware heer. Sy afsterwe laat ‘n leemte by die klub en ook in Noordwes.
Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by die Potchefstroomse Buiteklub gehou:
*Op Woensdag 13 April is ‘n IPS kompetisie by die klub aangebied.
Die wenners was:
1e Conrad Fick met 40 punte, 2e F. du Plessis met 40 punte, 3e Albert Britz met 39 punte.
* Op Vrydag 15 April het die Hartbees Jagtersvereniging hulle gholfdag by die klub aangebied. Die formaat was ‘n Beterbal Stableford Punte- kompetisie.
Die wenners was:
1) Hennie Harmse en Loekie Nolte met 50 punte, 2) Rudie van Dyk en Hendrik Truter met 47 punte, 3) Ruan Prigge en Philip Niemand met 46 punte * Op Saterdag 16 April het The Broken Pot die IPS-kompetisie geborg. Die wenners was:
Riaan de Beer met 40 punte, Martin Botha met 39 punte en Rikus Vermooten met 39 punte.

Related Articles

Back to top button