Local newsNewsNews

Gimmies vat weer die kroon as beste kwintiel 4-skool in die land

Potchefstroom Gimnasium is vir die vierde keer sedert 2017 as die beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys.

Potchefstroom Gimnasium is vir die vierde keer sedert 2017 as die beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys.

Hierdie besonderse toekenning word deur die Departement van Basiese Onderwys toegeken vir die top akademies presterende skool in die land, volgens verskeie kwintiele (groepe). Skole word in kwintiele verdeel met betrekking tot die beskikbaarheid van hul hulpbronne.

Gimmies was voorheen ook in 2017, 2019 en 2020 ook as die wenners aangewys en kan nou ook 2022 hier byvoeg.

“Dit is ’n puik prestasie waarop ons baie trots is en ‘n bewys van uitnemendheid en benutting van geleenthede. Hiérdie sukses kan verseker toegeskryf word aan ons puik matriekgroep van 2022, onderwysers wat toegewyd is en ouers wat voortdurend ondersteuning bied,” het die skool op hul Facebookblad genoem.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button