Wyk 15 bied aan: Neon 80s Pret-Draf / Stap.

Wyk 15 bied ‘n Pret-Draf / Stap aan op Saterdag, 16 September by Snowflake Potchefstroom. Die tema is ‘Neon 80s’, so grawe in jou kas rond en trek aan om uit te staan! Die wedloop begin om 08:00, en is 5 km. Daar sal hamburgers, spookasem, gesigverf, en Snowflake pizza te kope wees. Kindervermaak gaan …

Wyk 15 bied ‘n Pret-Draf / Stap aan op Saterdag, 16 September by Snowflake Potchefstroom.

Die tema is ‘Neon 80s’, so grawe in jou kas rond en trek aan om uit te staan!

Die wedloop begin om 08:00, en is 5 km.

Die beplande roete vir dei pret-draf.

Daar sal hamburgers, spookasem, gesigverf, en Snowflake pizza te kope wees.

Kindervermaak gaan aangebied word deur Kinderkinetika. Daar sal 9:00, 09:40 en 10:30 gratis klasse aangebied word.

Kaartjies kan gekoop word teen R 60 vir grootmense, R 40 vir kinders terwyl onder drie-jariges gratis ingang het. Kaartjie aankope kan aanlyn gedoen word deur https://snowflaketickets.com/run/ te besoek. Alle fondse gaan gebruik word om kameras vir die wyk aan te koop.

Wyk 15 hoop om jou daar te sien!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button