Local newsNewsNews

Braaf die Boerboel besoek skole in Potch en Ventersdorp

Braaf het verlede maand skole oraloor Noordwes verskeie skole en kleuterskole besoek, naamlik CVO Skool Ventersdorp en Ventersdorp Gekombineerde Skool, sowel as Suikerbekkies en Sonskynhoekie Kleuterskole in Potchefstroom. 

Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ʼn splinternuwe held ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek.

Braaf snoer kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om na kinders se welstand en toekoms om te sien.

Braaf het verlede maand skole oraloor Noordwes verskeie skole en kleuterskole besoek, naamlik CVO Skool Ventersdorp en Ventersdorp Gekombineerde Skool, sowel as Suikerbekkies en Sonskynhoekie Kleuterskole in Potchefstroom.

Braaf die Boerboel saam met Marna Swanepoel, Maatskaplike Werker by Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek, wat die les by skole aangebied het. Foto: Verskaf

Nagenoeg 1500 laerskoolleerlinge van die omgewing se lewens is die afgelope maand verryk toe Braaf die Boerboel en Helpende Hand hulle by hul skole gaan besoek het. Braaf het graad RR tot graad 4-leerders by 12 skole regoor die Noordwes provinsie besoek om hulle te leer dat dit braaf is om ander maats te help.

Braaf boelie nooit, Braaf hou van bid en om vriendelik te wees en Braaf is geroep om te help.

“Dit is ons almal se plig om ‘n gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek. Helpende Hand wil bewusmaking skep en van kleins af reeds vir kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee,” noem Helpende Hand Streeksorganiseerder: Noordwes-Streek, Suzanne de Swardt, in ‘n persverklaring.

Helpende Hand het ook besluit om stories te skryf oor Braaf die boerboel se dapperheid en het dit in ‘n reeks vasgevang wat wat ouers vir hul kinders kan lees of wat kinders self vir mekaar kan lees.

Lees meer hier:

Related Articles

Back to top button