SportSport

Merensky verdediging kelder Volkies

Volkies se 1ste XV het Saterdag , 5 Augustus, 17 - 10 teen Merensky in Tzaneen verloor. 

Volkies se 1ste XV het Saterdag , 5 Augustus, 17 – 10 teen Merensky in Tzaneen verloor.

Albei spanne se verdediging was uit die boonste rakke gewees, met die rustyd en eindtelling wat dieselfde was. Volkies het goeie lyne gehardloop en ‘n pragdrie in die eerste helfte gedruk Merensky se antwoord was twee teenaanval drieë.

In die tweede helfte kon nie een van die spanne punte aanteken nie. Volkies het meeste van die besit en giebiedsvoordeel gehad maar kon helaas net nie oor die lyn kom nie. Merensky was in twee stadiums va ndie wedstryd met net 14 spelers op die veld nadat hulle binnesenter twee geelkaarte vir gevaarlike duikslae gekry het. Die tweede geelkaart het automaties ‘n rooi-kaart geword.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit n baie harde wedstryd.

“Die outjies mekaar kliphard geduik. Nou gaan ons alles gee teen Die Anker,” het de Beer gesê.

Dié wedstryd is ‘n moet wen, vir Volkies as hulle vir die uitspeelrondtes wil kwalifiseer.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button