Volkies Fietsry het vanjaar sewe bergfietsryers, wat volgens hul prestasie, verkies is om die Noordwes Provinsie by die SA XCO Interprovinsiale wedren by Cascades in Pietermaritzburg te verteenwoordig. Die wedren vind 21 en 22 Julie 2023 plaas.
Hulle is:
- Zanri Grobbelaar
- Zandré Stemmet
- Josef Botha
- Reon Grobler
- Ilnè du Preez
- Bianca Botha
- Janco Stemmet
Om fondse in te samel gaan hierdie fietsryers ook ‘n skof by RocoMamas insit op 28 Junie.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.