Local newsNewsNews

Prof. Rialet Pieters besoek Bailliepark VLU

Haar vernaamste navorsingsonderwerp is die van hormoonontwrigters en die bepaling daarvan met behulp van genetiese gemanipuleerde weefselkulture.

Prof. Rialet Pieters het die Baillieparktak van die VLU op 15 Junie toegespreek.

Haar vernaamste navorsingsonderwerp is die van hormoonontwrigters en die bepaling daarvan met behulp van genetiese gemanipuleerde weefselkulture.

Dit sluit die gebruik van soogdierselle in wat in petribakkies groei en lig vrystel wanneer hulle blootgestel word aan verbindings wat soos hormone lyk.

Op hierdie manier word die teenwoordigheid van besoedelstowwe bepaal wat as gevolg van chroniese blootstelling verskeie gesondheidsprobleme soos vetsug en kanker tot gevolg kan hê. Sy het in haar praatjie aangedui hoe groot die invloed van besoedelstowwe reeds op mens en dier is. Hierdie besoedelstowwe is oral teenwoordig, van skoonheidsprodukte tot kasregisterstrokies.

Prof. Pieters is in 1996 aan die destydse PU vir CHO in die Dierkundedepartement aangestel nadat sy eers vir drie jaar skoolgehou het.

In 2007 het sy haar PhD in die dissipline Eko-toksikologie behaal wat die bestudering van die effek van besoedelstowwe op biota behels.

Sy is sedert 2021 vol professor in Dierkunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

Tans is sy betrokke by `n nasionale projek waarvan een van die oogmerke die daarstelling en vesting van biologiese siftingtoetse is om waterkwaliteitmonitering in Suid-Afrika te verbeter.

Sy is ook die nuwe aanbieder van die radio-insetsel op die nasionale Afrikaanse radiostasie, Radio Sonder Grense, waar sy Saterdae oggende in Brêkfis met Derrick, Omgewingspraatjies aanbied.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button