Local newsNewsNews

Kos en diens uit die boonste rakke

“Dit is vir ons lekker om veral mense van die plaaslike gemeenskap te kan bedien en te hoor dat hulle veilig voel. Ons bedien almal hier soos familie,” sê Tony.

Promosie-artikel:

Vriendelike diens en smullekker kos teen ‘n bekostigbare prys is wat kliënte kan verwag by Chicky Rooster en Olá Bica by die Silva Sentrum in Nelsonmandelarylaan 105 op die N12.

Die Silva-broers, Tony en Jose, wat dekades se besigheidservaring het, besit Chicky Rooster en Olá Bica.

Albei afdelings funksioneer as ‘n eenheid om vir kliënte beide heerlike eg Suid-Afrikaanse-Portugese kos en geurige koffie saam met iets soet te kan bied. Vlamgebraaide hoender, pizza, burgers, wraps en ribbetjies is maar ‘n paar van die items wat beskikbaar is.

Hierdie wegneemete restaurant en koffiekroeg is sedert 23 Maart vanjaar oop en het reeds baie positiewe terugvoer van die publiek ontvang.

“Ons wil graag dankie sê vir die publiek se ondersteuning en die goeie terugvoer wat ons al ontvang het. Ons kos proe tuisgemaak, dit is waarde vir geld en ons maak seker ons diens is uit die boonste rakke,” vertel Tony.

Een van die groot trekpleisters sedert Chicky Rooster en Olá Bica 23 Maart geopen het, is die spesiale aanbiedinge wat monde laat water en enige honger maag sal vul.

“Mense waardeer dat hulle waarde vir hulle geld kry. Ons vlamgebraaide hoenderitems is ook baie gewild,” voer Tony verder aan.

Hy noem ook dat kliënte van veral die plaaslike gemeenskap ook gereeld inloer tesame met besoekers wat gou iets wil eet of drink voor hulle weer in die pad val.

“Die familie-aanbiedinge is veral gewild en ons wil elke maand ook fokus om dit vars en opwindend te hou, so mense kan veral daarvoor uitkyk.”

Verder sal daar ook gereeld verskillende spesiale aanbiedinge wees om die spyskaart vars te hou. Vier nuwe pizza geure word ook beplan waarna kliënte kan uitsien.

“Dit is vir ons lekker om veral mense van die plaaslike gemeenskap te kan bedien en te hoor dat hulle veilig voel. Ons bedien almal hier soos familie,” sê Tony.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button