NewsNews

Vandalisme kos besigheid duisende

Die volwasse-kettinggroep, LuvLand, se advertensieborde en winkels in Potchefstroom het al meer as een keer onder vandalisme deurgeloop. Dit het die eienaars al sowat R20,000 uit die sak gejaag.

Die volwassevermaak-kettinggroep, LuvLand, se advertensieborde en winkels in Potchefstroom het al meer as een keer onder vandalisme deurgeloop. Dit het die eienaars al sowat R20,000 uit die sak gejaag.
Soortgelyke gevalle is al in Vereeniging en Rustenburg aangemeld, maar Patrick Meyer, LuvLand se mede-eienaar en bedryfsdirekteur, reken dat vandalisme in hierdie areas oor tyd bedaar het.
Meyer sê ‘n LuvLand-sleepwa is al selfs een keer in die Vaalriver gesleep. In Potchefstroom word hul reklame (op lamppale) dikwels geteiken en vandaliseer wanneer mense ‘n kruis daarop spuitverf.
“Ons is trots op LuvLand se beeld en daar is niks erger as om na ons bemarkingsmateriaal te kyk en dit opgeknip of geverf te sien nie. Dit laat ons baie sleg lyk.” Daar is sedert 2010 omtrent 70 LuvLand-winkels  regoor Suid-Afrika oopgemaak.

 

Dané Louw, ‘n LuvLand klant en Noordwes-Universiteit (NWU) student, het gesê, “Ek dink dié vandalisme wys hoe hardkoppig inwoners van Potchefstroom is wanneer dit kom by verandering,”
Riaan Rheeder, professor in morele vernuwing van die samelewing by die NWU se Teologiese Fakulteit, sê in sommige gevalle kan individue wie as fundamentalisties identifiseer verplig voel om op te tree teen reklame met seksuele inhoud weens hul diepgewortelde oortuigings. “Hulle kan sulke inhoud sien as immoreel, aanstootlik, of in stryd met hul godsdiensoortuigings.
“Hierdie individue kan glo dit is hul plig om hul gemeenskappe of samelewing te beskerm teen wat hulle as onvanpas beskou. Dit is belangrik om daarop te let dat nie alle fundamentalistiese gelowiges betrokke raak by die vandalisering van seksuele materiaal of dit ondersteun nie.”
Louw sê: “Dit wys hoeveel onnodige skaamte daar is rondom die volwasse industrie wat iets normaal soos plesier wil aanspoor.”
Meyer sê dat almal geregtig is tot hul sienswyses en dat die volwasse industrie beslis ‘n slegte stigma het. Hy meen egter dat hul advertensies en plakkate nie eksplisiet of aanstootlik was om mee te begin nie.
LuvLand het die afgelope twee maande meer generiese beelde in hul bemarkingsmateriaal gebruik en sedertdien is hulle eiendom nie weer beskadig nie. Voorheen moes Meyer byna maandeliks hul plakkate vervang.

 

LuvLand se nuwe bemarkingsmateriaal wat hopelik nie binnekort vervang hoef te word nie.

“Ons is nie ‘n sekswinkel nie. Ons ‘n volwasse welstand sentrum. Die NWU-studente is lief vir ons winkel, van die Potchefstroom-paartjies ook. Ons het meer vroue wat ons winkels besoek as ooit,” sê Meyer in verwysing na die volwasse industrie wat minder skandelik en meer toeganklik word.
Rheeder sê: “Dit is noodsaaklik om te beklemtoon dat die vandalisering van advertensieborde of deelneem aan enige vorm van vernietigende gedrag oor die algemeen nie deur die samelewing goedgekeur word nie, aangesien dit op die beginsels van respek vir private eiendom en vryheid van uitdrukking binne perke inbreuk maak.”
Hy sê dit is belangrik om wedersydse respek aan te moedig om verskille in oortuigings en opinies aan te spreek eerder as om te vandaliseer.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button