SportSport

Mooirivier se o.11A netbalspan is Noordweskampioene

Tokkies se o.11A's klop Laerskool Proteapark van Rustenburg in die eindstryd met 19-12 om goud te wen.

Die vreugdevure brand hoog by Laerskool Mooirivier nadat hul o.11A netbalspan op Saterdag, 10 Junie die 2023 Noordwes laerskole-titel verower het.

Hierdie spesiale groepie dogters was onoorwonne in hierdie toernooi wat by Potchefstroom Gimnasium se netbalbane plaasgevind het.

Laerskool Mooirivier se o.11A netbalspan is Noordweswenners. Links bo is Jamie Lourens, Juffrou Marida van Eeden, Suné Enslin, Katinka Smith en Nicoline du Preez.
Middel: Anabél van Pletzen, Mienke Rutherford, Alrike Hattingh.
Onder: Marlie Coetzee.

Hulle het vir Laerskool Proteapark in die eindstryd met 19-12 geklop om goud te wen. In die kwarteindstryd klop hulle vir Saamtrek van Klerksdorp met 17-9 en die halfeindstryd klop hulle hul bure Baillie Park met 15-12 in ‘n taai stryd.

Foto’s: Wouter Pienaar

Hulle los wel hul beste vertoning vir laaste met ‘n sege van sewe doele teen hulle opponente van Rustenburg in die eindstryd.

Mooirivier se o.13A netbalspan kan net-net nie in die o.11A’s se voetspore volg nie en behaal ‘n tweede plek nadat hulle teen Laerskool Vastrap met 14-12 in die eindstryd vasval.

Steeds is ‘n tweede algehele plek in Noordwes iets om beslis op trots te wees. Hierdie o.13A-span wys deurentyd hulle netbaltalent met ‘n kwarteindstryd oorwinning van 18-8 teen Bailliepark en ‘n 17-11 sege teen Laerskool Rustenburg in die haldeindstryd.

Tokkies se eerste netbalspan kwallifiseer sodoende ook vir die SA Netbalkampioenskappe wat vanaf 9-10 Augustus gaan plaasvind.

Uitslae:

o.11

1: Laerskool Mooirivier

2: Laerskool Proteapark

3: Laerskool La Hoff

o.12

1: Laerskool Generaal Hendrik Schoeman

2: Laerskool Rustenburg

3: Laerskool Vastrap

 o.13

1: Laerskool Vastrap

2: Laerskool Mooirivier

3: Laerskool Rustenburg

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button