SportSport

Luiperds sluip by agterdeur in

As jy nie in wonderwerke glo nie, dan sal die Luiperds se Mzansi-beker veldtog jou siening verander.

As jy nie in wonderwerke glo nie, dan sal die Luiperds se Mzansi-beker veldtog jou siening verander.

Na ‘n moeilike begin van die seisoen het die Noordwesters, by die agterdeur ingeglip om komende Saterdag teen die Valke in die semi-finaal van dié kompetisie te speel.

Die Luiperds het op ‘n kol drie in ‘n ry in die kompetisie verloor, en dit het gelyk soos ‘n uitgemaakte saak dat hulle nie die uitspeelrondtes sou haal nie. Met die Goshawks en Simbas wat punte gestuur het, en die Luiperds wat daarna weer drie in ‘n ry verloor het, het sake vir die Noordwesters vererger. Hulle het teen dié tyd van hulle veldtog slegs twee wedstryde wat hulle gespeel het, gewen. Op 6 Mei het die Luiperds Namibië te gereis om teen die Welwitchias te speel, hier het dinge vir hulle begin draai.
‘n Naelskraap wen teen die Welwitchias is gevolg met wenne teen die San Clemente Rhinos en Grens. Saterdag, 3 Junie het die Luiperds teen die Valke met 43 – 35 vasgeval. Hulle enigste hoop was dat die Welwitchias teen die OP wen, wat onder meeste kenners onwaarskynlik was.

Wonder bo wonder, het die Welwitchias die spreekwoordelike haas uit die hoed getrek, nadat hulle die OP met 47 – 29 verslaan. Die Luiperds eindig vierde op die puntleer en moet komende Saterdag Kemptonpark toe reis om in ‘n semi-finaal teen die Valke te gaan speel.

Die Luiperds het nou ‘n gulde geleentheid om te wys wat in hulle steek. Alhoewel die Valke ‘n sterk span is, is uitspeelwedstryde groot gelykmakers. Die ander semi-finaal sal tussen Boland en SWD uitgespook word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button