Local newsNewsNews

Volkie gooi mielies met sy mielieprojek op skoolgronde

Wat jy saai sal jy maai. Dit is die perfekte manier om Koan Smit, ‘n graad 10-leerder by Hoër Volkskool Potchefstroom, se suksesvolle mielieprojek te beskryf wat hy vanjaar met 100 persent toewyding aangepak het.

Wat jy saai sal jy maai.
Dit is die perfekte manier om Koan Smit, ‘n graad 10-leerder by Hoër Volkskool Potchefstroom, se suksesvolle mielieprojek te beskryf wat hy vanjaar met 100 persent toewyding aangepak het.

Koan (16), wat landboubestuur as ‘n vak het, het einde Januarie hierdie projek op ‘n klein stukkie grond langs die Jack Pauw Seunskoshuis se C-blok begin en in Mei kon hy spog
met ‘n oes van 80 koppe mielies.

Hierdie oes het Koan met sy koshuismaats gedeel en almal kon al te lekker aan mielies smul wat uit Jack Pauw se eie grond uit kom.
Koan vertel hoe hierdie projek hom geleer het om vas te byt, te glo, en ook vir hom die motivering gegee het om ‘n groter doelwit te hê.

Koan Smit, ‘n Graad
10-leerder van Volkies, het ‘n
mielieprojek op die skoolgronde in Januarie begin, Hier staan hy trots met sy oes van 80 mielies. Foto: Verskaf.

“Ek is baie dankbaar hoe goed die mielieprojek gedoen het. In die begin het ek net ‘n idee vir so projek gehad en later toe ek die pitte uit die grond sien kom was ek baie opgewonde. Met elke fase het my opgewondenheid gegroei,” sê hy.

Kyk hoe proses gevorder het hier:

Hy het getrou elke fase ook gedokumenteer en foto’s geneem van die eerste saad wat geskiet het, tot die laaste mielie wat geoes is.
Daar was wel ‘n hele paar mense wat vir Koan gesê het dat sy mielieprojek nie sou slaag nie, aangesien hy laat begin plant het (einde Januarie vanjaar) en nie al die
kennis gehad het nie.

Video: Verskaf

“Mense het gedink ek was mal met hierdie mielieprojek. Ek wou juis bewys dat ek dit kon doen. Baie mense het my ook gehelp met die projek en in my geglo. Daar was ooms wat vir my kunsmis gegee het en met gifstowwe gehelp het. My kamermaat, Louis Fourie, het ook baie gehelp om na my mielies te kyk,” vertel hy met ‘n sprankel in sy
oë.

3 Mei het die mielies al mooi gegroei.

Morné Smit, akademiese adjunkhoof by Hoër Volkskool Potchefstroom, vertel dat Volkies vanjaar landboubestuur as ‘n vak aanbied om juis leerders ‘n geleentheid te gee om hulle vlerke te kan sprei en belangstelling te kan kweek.

“Koan is een van ons graad 10-leerders wat vanjaar landboubestuur as vak het en hy geniet
dit vreeslik. Hy is meer doelgerig as voorheen en het iets gekry waarin hy uitblink en graag verder wil vat,” noem hy.
Koan beaam self dat hy “nie kan stilsit nie” en dat hierdie projek ‘n bewys is dat daar iets wil almal is
by Jack Pauw om aan deel te neem en ‘n sukses daarvan kan maak.

“Een van die lekkerste aspekte van die projek was om te sien hoe mense by die koshuis kom kyk het hoe dit met my projek gaan. Die belangstelling het gegroei soos my mielies gegroei het. Ons het baie
keer pouses onder die koeltebome gesit en by die mielies gesels. Dit was ‘n plek waar ons bymekaar gekom het,” noem Koan.

Koan Smit is ‘n trotse inwoner van Jack Pauw seunskoshuis. Na sy oes het hy en die seuns in die koshuis die mielies geeet. Foto: Wouter Pienaar.

Hy vertel dat sy grootste inspirasie sy ma, Marlette, is.

“Sy help baie mense met projekte en samel ook geld vir dierewelsyn in. Dit is nogal
wonderlik om te sien hoe dit ‘n verskil in mense se lewens maak. Dit
inspireer mens.”

Hy vertel dat Volkskool se skoolhoof, Terry Nicholenas, hom ook kantoor toe geroep het – darem vir ‘n baie goeie rede.

“Ek het nie gedink dat ek enige moeilikheid gemaak het nie, maar in my agterkop het ek gereken
dit was oor my mielieprojek. Dit was spesiaal dat die hoof my gelukgewens het,” meen Koan.

Hierdie graad-10 leerder het groot planne in die toekoms en wil graag
groter projekte aanpak. Volgende in sy visier is ‘n groente-projek waar hy groente in bande op die skoolterrein wil plant.
“Die mielieprojek was net die begin. Nou wil baie ander leerders ook saam met my projekte aanpak en ek sien baie uit om verder uit te brei,” sê Koan met ‘n groot glimlag.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button