SportSport

Volkies en Gimmies kap dit uit op die gholfbaan

Volkies en Gimmies pak mekaar vandag (Vrydag, 26 Mei) by die Potchefstroom Buiteklub aan in 'n spesiale gholfdag tussen hierdie twee skole. 

Volkies en Gimmies pak mekaar vandag (Vrydag, 26 Mei) by die Potchefstroom Buiteklub aan in ‘n spesiale gholfdag tussen hierdie twee skole.

Alumni van albei skole, sowel as ouers en onderwysers neem deel aan hierdie dag op die gholfbaan waar gesonde kompetisie heers.

Foto’s: Wouter Pienaar

Hierdie Volkie-Gimmie gholfdag het in 2019 ontstaan en sover is Volkies onoorwonne en die huidige bekerwenners.

Gimmies sal hul bes wil gee vandag om die beker te lig en een oor hulle tradisionele teenstanders te kry.

Die formaat van vandag se Gholf “Clash” is Beterbal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button