Local newsNewsNews

Reinke bied kwaliteit besproeiingstelsels op Potch se voorstoep

Patrick Ellis, die besturende direkteur van Reinke Suid-Afrika, is ‘n Potchefstromer en hy noem dat dit ‘n fantastiese geleentheid is om dienslewering na die volgende vlak te neem.

*Promosie-artikel*

Reinke, die verskaffers van wêreldklas spilpunt besproeiingstelsels, het Maandag, 15 Mei hulle amptelike daknatmaak in Potchefstroom gehad om die publiek meer oor hulle produkte, dienste en rol in die gemeenskap in te lig.

Die Reinke-span het hul hoofkantoor sedert 2022 vanaf Durban na Potchefstroom verskuif met die doel om meer sentraal geleë te wees om ook ‘n groter area van Suid-Afrika en Suidelike Afrika te dien.

Met ‘n groter perseel in Potch Industria (Poortmanstraat 37) is dit ook moontlik om spilpunte te kan vervaardig, meer toerusting en parte te huisves, en sodoende nog meer waarde vir die plaaslike gemeenskap te kan bring. Dit is juis waar Reinke se hart lê om die gemeenskappe naaste aan hulle te dien. Patrick Ellis, die besturende direkteur van Reinke Suid-Afrika, is ‘n Potchefstromer en hy noem dat dit ‘n fantastiese geleentheid is om dienslewering na die volgende vlak te neem.

“Potch is ‘n dorp wat perfek geleë is en ‘n besigheidsbesluit wat werk. Ons is hier om ‘n groot verskil te maak en ek is veral opgewonde oor ons vervaardigingskomponent. Ons het ‘n uitstekende kundige span wat die behoeftes van die gemeenskap en ons kliënte verstaan,” noem Ellis.

Foto’s: Wouter Pienaar

Hierdie opwindende beskendstelling van Reinke se Potchefstroom hoofkwartier was een vir die boeke, met talle plaaslike sakelui en belanghebbendes wat hierdie geleentheid bygewoon het. Die president van Reinke, mnr. Chris Roth, het ook al die pad vanuit die Verenigde State van Amerika (VSA) gevlieg om by die hoofkwartier van Reinke in Suid-Afrika oog te wys.

Roth noem dat Reinke se doelwit is om op die kruin van marktendense te bly en vinniger aan boere se behoeftes te voldoen.

“Ons het baie vertroue in ons werknemers hier en weet hulle gaan ‘n fantastiese diens aan die plaaslike gemeenskap lewer. Met die vervaardigingskomponent het ons die hoop dat die volume produkte sal vermeerder om aan die nodige aanvraag vir besproeiing-stelsels te kan voldoen,” noem Roth.

Ellis en Roth was deel van ‘n interessante paneelbespreking waar daar meer oor Reinke se betrokkenheid in Suid-Afrika en planne vir die toekoms gedeel is. Daar was ook ‘n spesiale toer deur die pakhuis en perseel waar personeel meer oor Reinke se dienste en produkte vertel het.

Vir meer inligting oor wat Reinke alles bied, besoek gerus hulle perseel by Poortmanstraat 37 in Potch Industria.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button