SportSport

Ongelooflik! Pukke klop Maties in doodsnikke om Varsitybeker te wen

Daar is nie woorde vir wat Pukke rugbyondersteuners tans beleef nie. Pukke 7 Maties 6. Pukke is kampioenne, die ysters in ‘n ysterstryd in die Eikestad. Oorwinning vir Potchefstroom in die ondenkbaarste manier moontlik – ‘n drie in verstreke tyd in die Varsitybekerfinaal vanaand met die laaste beweging. Spanning. Ekstase. Blydskap. Glorie. Sukses. Al hierdie …

Daar is nie woorde vir wat Pukke rugbyondersteuners tans beleef nie.

Pukke 7 Maties 6. Pukke is kampioenne, die ysters in ‘n ysterstryd in die Eikestad.

Oorwinning vir Potchefstroom in die ondenkbaarste manier moontlik – ‘n drie in verstreke tyd in die Varsitybekerfinaal vanaand met die laaste beweging.

Spanning. Ekstase. Blydskap. Glorie. Sukses.

Al hierdie gevoelens is in ‘n kwessie van tien naelbytminute ervaar waar Pukke met skrum na skrum voor Maties se doellyn uiteindelik die rugbybal oor die wit streep kon kry.

Marno Redelinghuys is die held met die drie. Rhyno Smith sit die verdoeling oor en Pukke is vir die eerste keer in geskiedenis die Varsitybekerkampioene.

Dit was drama vir nie net 80 minute nie, maar vir ‘n volle 90 minute met Pukke wat in verstreke tyd die wendrie gaan druk het.

Nou baljaar Pukke in die strate. Hulle sing, juig, skree,  lag, en huil trane van blydskap. Na drie jaar van “amper daar” is hulle nou daar met die hand op die beker.

Rhyno Smith het die wen verdoeling oorgeklits.  Foto: Liam Hamer-Nel/alliancephoto.com
Rhyno Smith het die wen verdoeling oorgeklits.
Foto: Liam Hamer-Nel/alliancephoto.com

Maties kan bitter ongelukkig voel nadat hulle vir ten minste 70 minute die oorhand in die wedstryd gehad het. Chris Smit was briljant op losskakel, die voorspelers was ysters. Craig Barry en Brandon Asher-Wood kon die wedstryd maklik vir Maties gewen het. Twee strafskoppe het ook gelyk of dit genoeg vir Maties was. Maar die geluk was aan Pukke se kant – iets moes vir ‘n slag na hulle kant toe val.

Maties het tot op hulle laaste bene verdedig om die beker in Stellenbosch te hou. Maar dit was net nie genoeg vir ‘n vasberade Pukke span nie.

Dit is nooit verby tot die eindfluitjie blaas nie – dit het Pukke vanaand bewys. Jeandre Rudolph was ‘n uitstekende leier vir NWU Pukke op die veld en is as speler van die wedstryd bekroon.

“Dit was ongelooflik. Ons gaan die sjampanjebottels vanaand oopmaak,” het hy na die wedstryd uitasem gese.

Welverdiend natuurlik.

11 April 2016 sal vir altyd in Pukke se geskiedenisboeke ingekerf word. Die dag toe die Pukke die Maties op Dok Danie Craven se veld verslaan het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button