Entertainment

6 bekendes wat in Potch gebore is

Potchefstroom is 'n stad waar almal uiteindelik wil kom bly. Daar het al baie bekendes gekom en gaan in Potch, maar vandag kyk ons na die bekendste mense wat in die stad van kundigheid gebore is.

Potchefstroom is ‘n stad waar almal uiteindelik wil kom bly. Daar het al baie bekendes gekom en gaan in Potch, maar vandag kyk ons na die bekendste mense wat in die stad van kundigheid gebore is.

Die lys is in geen volgorde nie.

6. Hugo en Stefan Ludik 

Hugo Ludick
Hugo Ludick
Stefan Ludik
Stefan Ludik

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hugo Ludik is ‘n internasionale krieketspeler vir Namibië. Tog is hy dalk meer bekend as een van die sangers van Adam. Hy is op 25 September 1983 in Potchefstroom gebore. Sy broer Stefan Ludik, was ‘n deelnemer aan Big Brother en is ook nou ‘n suksevolle akteur. Stefan wat ook in Potchefstroom gebore is het ook internasionaal krieket gespeel op 0/19 vlak.

5.Jackie Pretorius

Jackie Pretorius
Jackie Pretorius

Jacobus “Jackie” Pretorius is op 22 November 1934 gebore. Pretorius was ‘n Formule 1 renjaer in die laat sestigs en vroeë sewentiger jare gewees. Hy het net aan 4 resies deelgeneem, die laaste saam met die Frank Williams racing team. Pretorius is in 2009 oorlede nadat hy vir drie weke in ‘n koma was. Hy is in sy huis aangeval deur drie inbrekers.

4. Hezekiel Sepeng  

hezekiel sepeng
hezekiel sepeng

Hezekiel Sepeng is op 30 Junie 1974 gebore. Sepeng het sy skool loopbaan by Potchefstroom High School for Boys voltooi. Sepeng is mees bekend vir die silwer medalje wat hy by die 1996 Olimpiese spele verower het.

3. Katlego Maboe

Katlego Maboe is op 29 Oktober 1986 in Potchefstroom gebore, hy is bekend vir sy deel aan die akapella groep Flip a coin. Maar meer onlangs is hy ‘n aanbieder op Expresso, die joernaal program op SABC 3. Hy het al talle toekennings verower vir sy werk as aanbieder. Katlego het sy hoërskool loopbaan by Potch Boys high voltooi waarna hy by die NWU Potch kampus verder gaan studeer het.

Katlego Maboe
Katlego Maboe

 

2. Jack William Pithey

James Plithey
James Plithey

Pithey is op 30 Desember 1903 gebore. In 1923 besluit hy om Rhodesië, hedendaagse Zimbabwe toe te trek. Hy was ‘n baie sterk politieke figuur in Rhodesia, soveel so dat hy in 1978 verkies is as waarnemende president van Rhodesia. Hy is in 1963  as bevelvoerder van die Orde van die Britse Ryk aangestel.

1.Tom Mellet

Tom Mellet
Tom Mellet

Thomas Brown “Tom” Mellet is op 29 Augustus 1871 gebore. Mellet was ‘n  Suid Afrikaanse rugby speler. Alhoewel sy eerste provinsiale wedstryd vir Griekwaland-Wes was, is hy in Potchefstroom gebore. Sy enigste toets vir Suid Afrika was teen die Britse leeus in 1896. ‘n Wedstryd wat Suid Afrika 18-7 verloor het.

As jy hiervan gehou het dan sal jy die een ook geniet.

5 Tipes mense wat jy nog op kampus gaan ontmoet

Related Articles

Back to top button