Entertainment

5 Tipes mense wat jy nog op kampus gaan ontmoet

Daar is ses tipes mense wat jy op Potchefstroom kampus gaan ontmoet. Die tipes mense maak 'n verskyning by al die kampusse van al die universiteite in die land. Daar is mense wat nie noodwendig in dié kategorieë in val nie, maar elke student het al of gaan nog mense wat in hierdie kategorieë val ontmoet.

Daar is vyf tipes mense wat jy op Potchefstroom kampus gaan ontmoet. Die tipes mense maak ‘n verskyning by al die kampusse van al die universiteite in die land. Daar is mense wat nie noodwendig in dié kategorieë in val nie, maar elke student het al of gaan nog mense wat in hierdie kategorieë val ontmoet.

 1.Die Mooi meisie wat op kampus is om man te vang

Die Mooi meisie wat op kampus is om man te vang
Die Mooi meisie wat op kampus is om man te vang

Die meisies in hierdie groep, weet gewoonlik nie hulle is so nie. Hulle kom meestal van plase af of baie klein afgeleë dorpies soos Groot Marico. As enige iemand al Herman Charles Bosman gelees het sal julle weet hoe beskryf hy mense van Groot Marico. Hulle doel in Potchefstroom is om ‘n man te kry, vermoedelik omdat daar nie veel keuses is in die area waar hulle bly nie. Hulle is permanent besig om te shop sodat hulle die manne van die Universiteit kan beindruk.

2. Die bedorwe rykmanskind

Die bedorwe rykmanskind
Die bedorwe rykmanskind

Vir een of ander rede kry mens meeste van hierdie groep by die regsfakulteit of by die fakulteit lettere en wysbegeerte. Laas genoemde is gewoonlik ‘n hawe vir ryk kinders wat nie weet wat hulle wil gaan swot nie. Hulle het altyd die nuutste modes aan, ry die duurste karre en begin gewoonlik ‘n sin met, “My Pa, wat mos die eienaar van…” Oor die algemeen kan hulle niks vir hulleself doen nie,met die gevolg is dat hulle nie lank op kampus hou nie. Daar is baie min van hulle wat akademies dit verby hulle eerstejaar maak, hulle glo dat hulle ouers se geld alles kan regmaak. Hulle meng ook nie sommer met iemand buite hulle eie sosiale sirkel nie, so as jy een ontmoet het jou seker verwar met ‘n kelner of so iemand met wie hy moet praat.

3. Die ou op ‘n sportbeurs

jocks

Die ou wat op ‘n vol sportbeurs by die Universiteit is, gewoonlik ‘n Rugby speler. Moet nie fout maak nie, nie alle sport spelers op kampus wat op beurse studeer is in die groep nie. Maar jy sal die verskil kan agterkom wanneer hy met ‘n PT broekie by die klas opdaag. Vir die volle duur van die klas sal hy onvanpaste grappies maak om die lewe vir die dosent moeilik te maak. Die persoon het nooit ontwikkel va  hoërskool af nie. Hy kyk gewoonlik rond na sy grappies om te sien of lag daar mense saam met hom, hulle doen gewoonlik nie. Die groepie maak dit ook selde akademies verby hulle eerstejaar. Maar hulle bly by die Universiteit tot hulle te oud is om Varsity sport te speel.

4.Die Hipsters

poor-hipster web

Hipsters is seker die maklikste groep om te identifiseer, hulle trek soos boemelaars aan, is gewoonlik kaalvoet maar het elkeen die nuutste slimfoon om seker te maak hulle kan hulle kos afneem om op Instagram te post. Hipsters dra brille waarvoor hulle nie voorskrifte het nie, hulle luister musiek bloot omdat niemand anders dit al gehoor het nie. Dan spog hulle omdat daar nog niemand van die musiek gehoor het waarvan hulle hou nie. Ek het ‘n vermoede dit is hoe dubstep begin het.

Dinge waarvan Hipsters nie hou nie, sluit in

  • Sport, dit is te mainstream
  • Enige musiek waarvan enige iemand al gehoor het, “Tibetan throat chanting” is soms te mainstream vir hulle
  • Bier wat plaslik gebrou is of geredelik beskikbaar is.
  • Ou selfone
  • Vleis, daar is te veel mense wat daarvan hou

5. Die student wat net party

party

Hierdie is nie soveel ‘n groep nie maar elke groep vriende het so een. Die persoon kan net nie ophou Bourbons toe gaan nie. Hulle begin gewoonlik al in die Draak, dan migreer hulle na Music Cafe of Impala toe, maar hulle almal eindig by Bourbons op. Hulle gunsteling gesgde is, “Hoekom wil julle huis toe gaan? Dit is nog so vroeg” of  “Shooters”

Hulle is by elke gebeurtenis waar hulle 100 % gee om die lewe van die partytjie te bly, al hou die partytjie vir drie dae aan. Hulle is die mense wat rondloop met ‘n swembadpyp vol drank, gereed vir mense om te funnel. As niemand wil funnel nie dat doen hulle dit self. Gewoonlik het hulle byname soos Frank the Tank. Hulle word geken op kampus deur hulle bloedbelope oë en effense drank reuk.

 

As dit geniet het, gerus na soortgelyke artikels

6 bekendes wat in Potch gebore is

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button