Local newsNewsNews

Swaar reënval affekteer verkeer op N12 verby Ikageng

Water het op die N12 verby Rossstraat opgedam waar ligte voertuie deur die water sukkel.

Motoriste word gewaarsku om versigtig op die N12 te ry na swaar reën wat deurlopend vandag (Vrydag, 17 Februarie) geval het.

Teen 11:00 vanoggend het die Schoemansdriftbrug oor die Vaalrivier tussen Vredefort en Parys, ook alreeds oorstroom.

Die Schoemansdriftbrug het vanoggend verspoel met swaar reën. Foto: Potchefstroom First Responders.

Die N12 tans tussen Potchefstroom en Klerksdorp.

“By die N12 verby Ikageng loop daar water oor die loopvlak. Die verkeer loop baie stadig in beide rigtings. Die owerhede is ontbied. Ons versoek dat mense versigtig is indien hulle in daardie area beweeg, sowel as alle laagliggende gebiede waar swaar reën tans val,” het Fanie du Toit van die VF Plus in ‘n stemnota meegedeel.

Hy noem ook dat die water tans opdam as mens in Potch inry vanaf Klerksdorp se kant by Rossstraat se verkeerslig. Die syingang is ook heeltemal onder water.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button