SportSport

Willows Gholftoernooi hierdie naweek

Die Paasnaweek is daar weer  groot gholf by Potchefstroomse Buiteklub. Die naweek word vandag (Donderdag) afgeskop met ‘n syfer-3 kompetisie oor nege putjies. Daar word om twee baadjies meegeding, soortgelyk aan die syfer- 3 kompetisie wat by die Masters in Augusta, Amerika aangebied word. Die wenners, gross en nett, sal dan die baadjies gedurende die …

Die Paasnaweek is daar weer  groot gholf by Potchefstroomse Buiteklub. Die naweek word vandag (Donderdag) afgeskop met ‘n syfer-3 kompetisie oor nege putjies. Daar word om twee baadjies meegeding, soortgelyk aan die syfer- 3 kompetisie wat by die Masters in Augusta, Amerika aangebied word. Die wenners, gross en nett, sal dan die baadjies gedurende die naweek kan dra.

Vanaf Vrydag 5 Maart word die uiters gewilde Willows-toernooi aangebied. Dié toernooi het sy ontstaan in die 1980’s gehad toe ‘n aantal klublede besluit het om oor Paasnaweek ‘n kompetisie aan te bied. Behalwe vir ‘n paar jaar wat die toernooi nie aangebied is nie, word dit elke Paasnaweek sedert 1993 aangebied.

Die formaat vir die toernooi is ‘n parespel-kompetisie met verskillende formate vir elke dag. Die punte word bymekaargetel vir die naweek, ten einde die algehele wenner te bepaal. In totaal word vir ongeveer R 80 000 se pryse meegeding. 124 spelers van regoor die land, en ook uit Engeland, speel oor die naweek. Elke dag word ‘n trekking gehou volgens die posisie waar jy eindig en dit dra by tot die gees vir die naweek. As jy nie wen nie, kan jy ten minste jou afslaantyd verbeter.

Die spelers ontvang die eerste dag ‘n geskenkpak en sal Saterdag in die toernooi- hemp meeding. Daar word Saterdagaand ‘n funksie vir die spelers en hul metgeselle aangebied.

Verlede jaar se wennerpaar, Heinrich Strydom en Patrick Moroney, is in die veld en sal poog om hul titel te verdedig.

Die bestuur van die Potchefstroomse Buiteklub bedank graag die borge vir die naweek.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button