NewsNews

Polisie waarsku teen hekmotor diefstal

Diefstal van hekmotors is ’n probleem wat kort-kort in Potchefstroom kop uitsteek.

Diefstal van hekmotors is ’n probleem wat kort-kort in Potchefstroom kop uitsteek.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was daar onlangs weer ’n geval waar ’n hekmotor gesteel is. Volgens Chaka is die motor op 20 Maart omstreeks 08:00 in Louwstraat gesteel. Die meeste inwoners is van die opinie dat die hekmotors wat gesteel word, vir skrootmetaal verkoop gaan word. Tog volgens Chaka kan daar ’n meer onheilspellende motief agter dié tipe diefstal wees.
“As jy by die huis kom en die hekmotor werk nie, ry liewer weg en vra jou bure om jou te help kyk wat fout is. Alternatief kan die polisie geskakel word om hulp te verleen,” het Chaka gesê.
Die rede hiervoor is dat baie huisrowers die motor steel om hulle niksvermoedende slagoffers in ’n lokval te lei. Sodra jy uitklim om te kyk wat fout is met die hekmotor, slaan die rowers op jou toe.
“Rowers maak ook die motor vas aan die hek met kabelbinders (cableties), sodat wanneer jy die hek wil oopmaak, die hek toe bly. Wanneer jy uitklim om te kyk wat fout is, oorval hulle jou,” het Chaka gesê.
Chaka het inwoners gemaan om versigtig te wees wanneer hulle by die huis kom.
“Inwoners moet altyd paraat wees en nie sku om die polisie in te lig as iets uit plek uit lyk nie,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button