BlogsEntertainmentOpinions

DVD van die week – Trouvoete

4/10 vir Trouvoete...

‘n Romantiese drama deur Phoenix Films het gesorg vir warm harte oor Kerstyd 2015.
Trouvoete is die storie van die 33-jarige Ella Gouws (Erica Wessels) wat na ‘n gebroke hart te bang is om weer verlief te raak.
Met die skuilnaam Natgrassterrekyker knoop sy ‘n sprokies-verhouding aan met ‘n aanlyn vriend, dr. Louis van Est (Bouwer Bosch), wat aan haar slegs bekend is as Lucky Luke.
Lucky Luke verstaan haar beter as wat enige man nog ooit kon, en help haar om haar eensame lewe eenkant toe te skuif en in ‘n droomwêreld verlore te raak.
Terwyl sy sien hoe haar suster Magriet (Lika Berning) besig is om die troue te reël wat sy self nog altyd van gedroom het, probeer sy wegbreek van die realiteit waar sy haar droomverhouding uitleef met iemand wat sy glad nie ken nie.
Alles is ‘n sprokiesverhaal, totdat Lucky Luke haar uiteindelik vra om te ontmoet, en dinge van daar af tot by ‘n interessante kruispad kom. Dr. Louis is self ‘n hopelose romantikus wat hoop dat daar meer in die lewe is as om in die aand net huis toe te kom na sy Skotse Terrier Zeus.
In Trouvoete leer mens hoe dit moontlik is om ‘n sielsgenoot te hê en hoe twee mense werklik vir mekaar bedoel kan wees.Verder wys dit hoe ‘n verhouding tussen susters selfs onder stres, altyd sterk genoeg is om selfs ‘n Bruidzilla te oorleef.
Elke pot het sy deksel is ‘n tema wat baie uitgestaan het in die Afrikaanse film.
*Trouvoete het ‘n ouderdomsbeperking van 10 en ouertoesig word aanbeveel vir jonger kykers.*
*Hierdie fliek kry ‘n gradering van 4/10. Die storie is baie voorspelbaar en humor is afwesig deur die hele film. Daar kon ook meer aandag gegee word aan die dialoog en spel. Dit kan uitgeneem word by DVD4home op die hoek van Retief- en Govan Mbekistraat of kontak hulle by (018) 293 3895.

Related Articles

Back to top button