SportSport

Volkies se eerstespan kelder Driehoek

Dit was ‘n driefees verlede naweek toe Volkies teen Driehoek in die PUK-Reeks op 12 Maart op Volkskool se velde kragte gemeet het. Volkies het die meeste feesgevier met hulle eerstespan wat 31-17 gewen het en hulle o.16A-span wat die Hoekies met 46-0 pak gegee het. Volkies se eerstes het soos ’n blitzkrieg op Driehoek …

Dit was ‘n driefees verlede naweek toe Volkies teen Driehoek in die PUK-Reeks op 12 Maart op Volkskool se velde kragte gemeet het.

Volkies het die meeste feesgevier met hulle eerstespan wat 31-17 gewen het en hulle o.16A-span wat die Hoekies met 46-0 pak gegee het.

Volkies se eerstes het soos ’n blitzkrieg op Driehoek toegesak en drie drieë in die eerste helfte in ‘n tyd van 15 minute gedruk om die grondslag te lê.

Eers het Hendrik Weideman in die hoek gaan kuier na ‘n uitstekende agterlynbeweging.

 Die slot, Jean-Pierre Lakie, het toe besluit om reg in eie hande te neem en soos ’n vleuel sy teenstanders ontglip voor hy oor sy die laaste verdediger geloop het om sy span se tweede drie te druk – sy glimlag het boekdele gespreek.

Ruan von Abo het sy span se derde drie gedruk en skielik was dit 20-0. Driehoek het wel die laaste sê van die eerste helfte gehad toe Dylan Smith tussen die pale oorgeduik het.

Driehoek was baie skerper in die tweede helfte en hul onderkaptein, Johan van Niekerk het dit bevestig toe hy ’n drie gaan druk het. ’n Baie swak doelskop van Christopher Viljoen het Driehoek glad nie gehelp nie. ’n Goeie teken vir Volkies was hulle losskakel, Hanru van Rooyen, se spel in die tweede helfte. Hy het ’n strafskop, skepskop en klomp goeie aanvallende geleenthede geskep. Sy skopwerk uit die hand was ook goed.

Driehoek het wel vir oulaas gaan druk, maar die koeël was alreeds deur die kerk vir die Vanderbijlparkers.

Kliek op die skakel vir die foto’s van die wedstryd:

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button