SportSport

Puk Prestigereeks: Gimmies wen naelbytstryd teen HTS Witbank

Dit was ’n naelbytstryd soos min met die voorloper wat so baie soos ’n verkleurmannetjie verander het, maar op die ou einde het Gimmies se eerstes die wa deur die drif op die Mooivallei Sportgronde getrek. Die eindtelling teen HTS Witbank was 20-17 in Gimnasium se guns, maar dinge kom baie anders verloop het vir …

Dit was ’n naelbytstryd soos min met die voorloper wat so baie soos ’n verkleurmannetjie verander het, maar op die ou einde het Gimmies se eerstes die wa deur die drif op die Mooivallei Sportgronde getrek.

Die eindtelling teen HTS Witbank was 20-17 in Gimnasium se guns, maar dinge kom baie anders verloop het vir Pieter Warnich se manne wat in ’n stadium ‘n titaniese aanslag van HTS moet weerhou het.

Gimmies het baie onnodige foute gemaak en kon vir ’n tydperk in die eerste helfte nie uit hulle eie 22 kom nie. Gelukkig vir Gimmies was HTS se Johan Badenhorst se skopskoene by die huis en hulle kon asemhaal na ’n klomp strafdoele links en regs verby die pale gestoot is.

Gimmies se Edwin Schoeman het ook nie ’n briljante dag met die skopskoen gehad nie en ’n paar gemaklike skoppe gemis. Hy was wel goed op die aanval en het met sy spoed baie probleme veroorsaak.

Edrich Cronjé het ’n goeie wedstryd op 10 vir Gimnasium gehad en het ’n uitstekende drie gedruk toe hy deur ’n gaping gespat het. Elandrè Truter se briljante individuele drie het HTS weer laat voorloop en hulle toeskouers in vervoering gehad – ’n Wipwa-wedstryd soos min.

Die plaasvervanger, skrumskakel, JM du Plooy het Gimmies se wendrie gedruk na ’n goeie aanval wat HTS se koppe vir ’n kort rukkie laat sak het.

HTS het wel goeie veggees getoon en konstant druk op Gimmies in die laaste paar minute geplaas.

Die eindfluitjie kon nie vinnig genoeg kom vir Gimmies se afrigtingspersoneel nie en met groot verligting kon Gimmies van die veld stap.

Related Articles

Back to top button