SportSport

Volkies se eerste krieketspan bereik half-eindstryd van Noordvaal

Volkies het die afgelope Saterdag vir Hoërskool Centurion met 59 lopie in die Noordvaal kwarteindstryd geklop om hulle kragmeting teen Garsfontein vas te pen.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan is gereed om hierdie komende naweek (Saterdag, 5 November) teen Hoërskool Garsfontein tuis vir ‘n plek in die eindstryd te baklei.

Volkies het die afgelope Saterdag vir Hoërskool Centurion met 59 lopies in die Noordvaal kwarteindstryd geklop om hulle kragmeting teen Garsfontein vas te pen.

John van Wyk was ook ekonomies met die bal.
Volkies se kaptein, Corné Prinsloo, het met die bal teen Hoërskool Centurion geskitter.

Volkskool se boulaanval was net te sterk vir Centurion op die dag met kaptein, Corné Prinsloo (3/45), Lunga May (2/16) en John van Wyk (0/19) in 10 boulbeurte wat uitblink. Centurion word vir 183 uitgeboul.

Die Potchefstromers slaan 242/9 in 50 boulbeurte nadat hulle die loot wen en besluit om eerste te kolf.

Ludwich Schuld teken 70 (71) aan terwyl Diaan van der Merwe 54 (73) ook ‘n goeie bydrae met sy beurt maak. Attie Liebenberg slaan ook ‘n goeie vyftigtal 50 (61) vir Volkies.

Diaan van der Merwe slaan nog ‘n grenshou in sy vyftigtal.

Komende Saterdag is daar nou twee groot wedstryde tussen Pretoriaanse en Potchefstroomse skole met Gimmies wat Waterkloof aanvat (weg) en Volkies wat vir Garsfontein pak.

Potchefstromers sal graag wil sien dat albei Volkies en Gimmies die eindstryd haal, wat weer eens sal bewys dat Potch skole se krieket teen die beste skole in die land kan kompeteer.

Related Articles

Back to top button