SportSport

Buiteklub rolbal kry silwer

Die Buiteklub se mans (2) rolbalspan het Sondag naelskraap teen Lafarge van Lichtenburg verloor in die finaal van die NW Eersteliga. Dit beteken dat Lafarge volgende seisoen in die NW Premierliga sal speel. Hulle vervang Klerksdorp (2) in die liga. In die Eersteliga eindstryd het Mof Oosthuizen die dag op ‘n hoë noot ingesit met …

Die Buiteklub se mans (2) rolbalspan het Sondag naelskraap teen Lafarge van Lichtenburg verloor in die finaal van die NW Eersteliga. Dit beteken dat Lafarge volgende seisoen in die NW Premierliga sal speel. Hulle vervang Klerksdorp (2) in die liga.

In die Eersteliga eindstryd het Mof Oosthuizen die dag op ‘n hoë noot ingesit met ‘n puik oorwinning in die enkelspel. Hy wen 21-12. In die oggend se spel het die viertal van Michael de Witt, Dawie van Rensburg, Alret Barnerd en Oeloff Visser erg vasgeval en verloor 25-11.

Na die middagmaal het die Buiteklub se span in die driespel, Visser, De Witt en Van Rensburg, met net drie skote verloor teen Lafarge. Al die aandag was toe op die Pare waar Oosthuizen en Barnard die Buiteklubvlag laat wapper het met ‘n 21-14 oorwinning.

Die puntetelling was toe gelyk met twee oorwinnings elk. Aangesien Lafarge oor die vier wedstryde een kop meer as die Buiteklub gewen het, was hulle die algehele wenners.

In die Vroue Eerstelige finaal het Strathvaal met die louere weggestap en hulle speel volgende seisoen in die Premierliga in die plek van die vrouespan van die Potchefstroom Rolbalklub.

Die dag wat by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind het, was uitstekend georganiseer met die gasheer en gasvrou Piet en Corrie Breitenbach aan die stuur van sake. Aan die spysenierskant het Rose du Plessis ‘n heerlike middagete voorgesit, met Jean du Plessis wat uitgestaan het as skeidsregter.

Related Articles

Back to top button