Gemeenskapslede, glo van Marikana en ‘Extension’ 4 naby Promosa, het gister (12 Julie) ‘n lid van die ‘Scorpions’ gemeenskapsveiligheid groep se kar uitgebrand.
Vanoggend (13 Julie) het dié inwoners paaie in die area versper. Die polisie is tans op die toneel om die situasie te monitor.
Steve Williams, ‘n leier van die scorpions het in Facebook video verduidelik dat die Scorpions, gister inligting ontvang het dat daar mense is wat besig is om onwettige kragaansluitings te doen.
“Met die Scorpions aankoms het twee mense weg gehardloop. Ons het baie kabels gekonfiskeer,” het Williams op Facebook gesê.
Daarna het lede van glo Extension 4 en Marikana met lede van die Scorpions begin baklei.
“Ons was heeltemal oorweldig. My kar is uit ‘n erf uitgestoot en op ‘n brandende band gelos. In kort my kar het uitgebrand,” het Williams gesê.
Die protesaksie van vandag (13 Julie) blyk om ‘n voortsetting van gister se gebeure te wees.