CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Damme steeds leeg – droogte gaan nog lank knou

Rietspruit dam het tans 1,28% water, dit is so te sê leeg...

Die Rietspruitdam naby Ventersdorp wat besproeiingsboere in die omgewing bedien, het tans slegs 1,28 persent water. Verlede jaar dieselfde tyd was dit 62,6 persent vol.
Volgens Pieter en Karin Yssel, eienaars van Rietspruitdam vakansie-oord gaan die dam al vir die afgelope twee jaar gebuk onder min reën en hitte, maar dit is tans die ergste wat Pieter in 62 jaar gesien het.
“As dit goed reën kan die dam oornag vol word, maar ons het nog nie die afgelope twee jaar genoeg reën gekry nie,” sê Karin,
Sy is ook bekommerd oor die toestand van die fauna en flora in en om die dam. Volgens haar is daar volop vis van verskeie spesies in die dam. Dié is nou almal saam vasgedruk in die bietjie water wat oor is.
Hoewel boere swaarkry oor die leë dam, het dié dam geen direkte invloed op die watertoevoer vir Potchefstroom nie.
Die stand van ander damme is: Boskop – 69,94% (verlede jaar 101,1%); Elandskuil – 7,4% (teenoor 12,1%); Klerkskraal – 42,94% (teenoor 90,4%); Klipdrift – 67,6% (teenoor 92,6%) Potch dam – 45,87% (teenoor 63,5%).
Volgens mnr. William Maphosa, woordvoerder van die Tlokwe Stadsraad, word Potch dam op ‘n konstante vlak gehou omdat dit gebruik word vir die watersuiweringsaanleg.

Related Articles

Back to top button