Entertainment

Vra die groot vraag!

Dit gebeur gewoonlik elke vier jaar. Volgens die slimmes is een jaar 365.2422 dae lank. Maar hoe nou gemaak met ’n kwart dag? Sterrekundiges het ’n slim plan bedink en elke vier jaar ’n skrikkeljaar ingestel, waarop daar ’n ekstra dag op die kalender bygevoeg word. Hierdie spesiale dag word toegeken aan Februarie, wat andersins …

Dit gebeur gewoonlik elke vier jaar. Volgens die slimmes is een jaar 365.2422 dae lank. Maar hoe nou gemaak met ’n kwart dag? Sterrekundiges het ’n slim plan bedink en elke vier jaar ’n skrikkeljaar ingestel, waarop daar ’n ekstra dag op die kalender bygevoeg word. Hierdie spesiale dag word toegeken aan Februarie, wat andersins met 28 dae moet klaarkom, terwyl ander maande met 30 of 31 dae spog. Hierdie jaar het hy darem 29 dae!
Kreatiewe skrikkel-idees deur Bouwer Bosch en vroulief Leandie du Randt
●Verras hom deur onder in sy koppie te skryf: “Trou met my.” Met die laaste slukkie sal hy óf ja sê, óf in sy koffie verstik.
●Spraypaint tydens Varsity Cup op die veld: “Sal jy met my trou?” Wees net doodseker jy bedoel dit. Onthou die Varsity cup word uitgesaai!
●Sit ’n briefie in sy kosblik of space-case waarin jy vra: “Do you wanna be my lovey?”
●Bouwer reken facebook is ’n goeie idee. Gaan screengrab ’n foto, tag hom en sê: “Hey jy, vir altyd saam my?” Hy sal dit óf like, óf homself untag.
●Leandie se raad vir skaam meisies is om eenvoudig ’n WhatsApp te stuur met dié vraag: “Wat doen jy met die res van jou lewe?”
●Doen die outydse ding. Tel die foon op en bel hom. Wat jy ookal doen, wees net jouself!
Interessante feite oor Skrikkeljaar
●In Griekeland trou paartjies nie sommer in skrikkeljaar nie. Hulle glo dit lei tot ongeluk.
●Volgens ’n ou Ierse legende het St. Brigid ’n ooreenkoms met St. Patrick aangegaan wat vroue toelaat om op skrikkeldag die groot vraag te vra. Boonop moet enige man wat só ’n aanbod van die hand wys, ’n boete betaal Hierdie gebruik is glo in werking gestel om balans te skep tussen die rol van mans en vroue op dieselfde wyse waarop skrikkeldag die kalender balanseer.
●Omtrent 4 miljoen van die wêreld se bevolkking is op skrikkeldag gebore.
●Die konsep van skrikkeljaar bestaan al vir meer as 2000 jaar
●Die Somer-Olimpiese-Spele word altyd in skrikkeljaar gehou.
●In Italië is daar ’n gesegde wat lui: “Anno bisesto tutte le donne senza sesto.” Dit beteken: “Pasop vir skrikkeljaar, vroue is dan wispelturig!”
En dié jaar staan dit vroue vry om die mans in hul lewe om hul hand te vra.
Skrikkeldag mag dalk verby wees, maar skrikkeljaar is nog tien maande lank. Sussie, dis jou jaar dié! Vra daai vraag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button