SportSport

Laerskoolrugby in Potch baie gesond

Laerskoolrugby in Potchefstroom is meer as net gesond dit is besig om te floreer. 

Laerskoolrugby in Potchefstroom is meer as net gesond dit is besig om te floreer.

Behalwe vir die die o/13A Noordwesfinaal was daar ‘n span van Potchefstroom in al die ander grootskole eindstryde.

“Rugby in Potch is baie kompeterend en gesond, al die skole se RUgby is besig om goed op te tel. Ons is baie opgewonde. Ons het selfs ‘n vierde span gehad wat teen Bailliepark in die Noordwes eindstryd gespeel het,” het Jackie Golden, rugbyorganiseerder by Laerskool Mooirivier  by navraag gesê.

Vyf uit die tien, eindstryde van die Grootskole liga is boonop tussen Laerskool Mooirivier en Laerskool Bailliepark beding.

Tokkies het vyf spanne gehad wat as wenners gekroon is, terwyl hulle agt spanne in die finale gehad het.

Baillies het ses spanne in die finale gehad waarvan twee as wenners gekroon is.

“Oor die algemeen dink ek dit was ‘n suksesvolle seisoen , ons kon sien dat Covid maar ‘n impak gehad het, maar dit was positief om te sien hoeveel seuns kom speel het, en hoe die vaardighede ontwikkel het. Die positiewe gesindheid van ouers en afrigters was goed deur die seisoen,” het Jaco Vermaak, sportorganiseerder van Baillies gesê.

“Laerskool Mooirivier se 2022 rugbyseisoen was sowaar ‘n reusagtige sukses. Vandat die seuns die eerste keer die rugbybal opgetel het tot die laaste eindfluitjie het elke seun, afrigter en ouer ingekoop in ons skool se rugby hartklop en dit kan gesien word in ons puik resultate,” het Golden gesê.

Alhoewel daar nie spanne van Emmies in die uitkloprondtes was vanjaar nie, is daar positiewe verwikkelinge by dié skool in terme van ontwikkeling. ‘n Nuwe groep, jong dinamiese afrigters is vasbeslote om die skool se rugby na ‘n volgende vlak te neem. M.L Fick het weereens ‘n goeie platform geskep deur die jaarlikse aandreeks wat hulle weer aangebied het.

“Verskeie spanne het net van krag tot krag gegaan, en as organiseerder, afrigter en onderwyser sien ek baie uit vir wat die spanne vorentoe kan doen. Seuns was nog besig met atletiek en ewe skielik begin rugbyoefeninge vroeg in 2022. Ek sien uit wat nog kom vir 2023 en vorentoe. Ons gaan probeer seuns aanhou laat oefen en kondisionering doen reg deur die jaar,” Michael Pietersen, rugbyorganiseerder van M.L Fick gesê.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

Related Articles

Back to top button