NewsNews

Gestremde vrou (20) vermis

‘n Jong gestremde vrou is sedert 09:30 vanoggend vermis nadat sy laas op die hoek van Peter Mokaba- en Wolmaransstraat gesien was.

‘n Jong gestremde vrou is sedert 09:30 vanoggend vermis nadat sy laas op die hoek van Peter Mokaba- en Wolmaransstraat gesien was.

Charlize “Lulu” Ashurst (20) is vanmiddag deur haar ma Elizabeth, as vermis by die polisie aangemeld. Volgens haar ma het Lulu ‘n ooggestremheid en kan nie lees of skryf nie.

Elizabeth vertel dat Lulu die huis verlaat het nadat sy met haar sussie baklei het en het sedertdien nie teruggekeer nie.

“Dit is nie die eerste keer wat sy wegloop nie, maar ons kry haar nêrens nie en besluit om haar as vermis aan te meld. Mens raak bekommerd,” noem haar ma.

Die gemeenskap kan die Potchefstroom SAPD op 018 299 7477/6 skakel met enige inligting oor hierdie saak.

Hulle kan ook vir Elizabeth op 074 362 1089 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button