NewsNews

Twee sub-ekonomiese oorde het nou ook Wi-Fi

Inwoners het ‘n behoefte om met hulle familie te kommunikeer of die internet vir hulle eie doeleindes wil gebruik, maar weens die hoë kostes van internet is dit nie altyd moontlik nie.

Die inwoners van Skemering en Uitkoms sub-ekonomiese behuising in wyk 15 het verlede maand ‘n groot geskenk ontvang wat hulle van oor tot oor laat glimlag het.

Die rede hiervoor is dat hierdie inwoners nou met die geskenk van bekostigbare Wi-Fi internetkonneksie toegerus is.

Inwoners het ‘n behoefte om met hulle familie te kommunikeer of die internet vir hulle eie doeleindes wil gebruik, maar weens die hoë kostes van internet is dit nie altyd moontlik nie.

DA raadslid van wyk 15, Madra de Bruin, het toe ‘n plan beraam om ‘n verskil in hierdie inwoners se lewens te maak, aangesien dit nog altyd belangrik was dat daar na die welstand van bejaardes gekyk word.

Sy het vir Marthinus en Jackie Strydom van Wi-5 gekontak en hulle het onmiddellik ingestem om die projek aan te pak. Hulle span het aan die werk gespring en ‘n definitiewe diens aan die plaaslike gemeenskap gelewer.
Die inwoners kan nou onbeperkte 5mb Wi-Fi data teen R 50 per maand per WiFi-toestel gebruik.

“Die behoefte in Sub Ekonomiese oorde is eindeloos, en fondse is gedurig nodig, omdat geysers in die winter bars ,die dakke lek, en die stowe stukkend is, maar daar is hoop en lig. Elke klein bietjie hulp bring hoop,” noem De Bruin.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button