NewsNews

Nael-en velsorg op jou vingerpunte

“My kliënte moet rustig wees en daardie individuele aandag geniet. Mense is my hart se punt en kliënte moet voel of hulle die enigste en belangrikste is."

Eersteklas nael- en velsorg met die beste kwaliteit produkte is ‘n sekerheid by HEH Nael- en Velsorg in Potchefstroom.

HEH Nael- en Velsorg word deur die bekwame Rientia Henzen bestuur wat al sedert 2003 ‘n opgeleide naeltegnikus is en ook vanaf 2014 naelkursusse van hoogstaande gehalte aanbied.

Rientia Henzen, eienaar van HEH Nael- en Velsorg saam met twee van haar studente, Bernice Coetzee (links) en Zanél de Klerk (regs). Foto: Wouter Pienaar

Crystal Clawz is ‘n naelproduk wat bekostigbaar is en langdurige kwaliteit het. Boonop is daar ook ongelooflik baie skakerings van kleure om van te kies wat Crystal Clawz ‘n onmisbare produk in die naelindustrie maak. Volgens haar bied Crystal Clawz baie voordele en is ‘n moet vir enige kliënt of naeltegnikus. Rientia bied juis kursusse vir opkomende naeltegnikuste aan om met Crystal Clawz te kan werk.

“Daar is verskillende kursusse aangebied, afhangend van die hoeveelheid tyd wat daaraan spandeer word. Sertifikate word aan die studente uitgereik na die suksesvolle voltooiing van elke kursus,” noem Rientia.

“Crystal Clawz hou regtig baie lank en het ‘n groot verskeidenheid (gel polish, rubber gel en builder gel). Dit is oor die algemeen ‘n baie lekker produk om mee te werk wat van goeie gehalte en waarde vir geld is.”Wat HEH Nael- en Velsorg uniek maak, is dat daar kwaliteit aandag en kliëntediens verskaf word in beide een-tot-een nael en kosmetiese afsprake, sowel as die kursusse wat aangebied word.

“My kliënte moet rustig wees en daardie individuele aandag geniet. Mense is my hart se punt en kliënte moet voel of hulle die enigste en belangrikste is. Dieselfde geld ook vir my studente.
“Ek sal nie meer as drie op ‘n slag per kursus oplei nie,” verduidelik Rientia. Sy spesialiseer ook in velsorg en genesing van wonde.

HEH Nael- en Velsorg is ‘n verskaffer van BioMedical Emporium se farmaseutiese produkte. Rientia bied ook self verskeie aestetiese behandelings soos om byvoorbeeld wonde te genees. Rientia werk nou saam met dr. Judey Pretorius, Biomediese Wetenskaplike van die BioMedical Emporium.
Die volgende behandelings word ook aangebied, naamlik:
• Facials
• Derma Planning
• Microneedling
• Chemical Peel
• Wond behandeling en nog meer

Saam met dr. Pretorius het HEH Nael- en Velsorg ook tot ‘n internasionaal gepubliseerde studie bygedra. Die studie, getiteld, Diversified Wound Management with a dual purpose wound occluding Honey Based Ointment, is in 2022 gepubliseer. Met 21 jaar se ervaring in die industrie, tesame met kwaliteit kliëntediens vir ‘n breë kliëntebasis in beide nael- en velsorg, is dit nie moeilik om te sien hoekom Rientia een van Potchefstroom se
staatmakers is nie.
Vir enige navrae kan Rientia by 082 709 6373 of per e-pos by he.henzen@lantic.net gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button