SportSport

NWU bêre beste vir laaste

As die groep bymekaar kan bly gaan hulle in dié skrywer se opinie volgende jaar een van die voorste aanspraakmakers op die Varsitybeker wees. Die NWU moet net kontinuïteit  vir volgende jaar behou.

Alhoewel die NWU se Varsitybeker seisoen as ‘n ‘wat as’ seisoen beskryf kan word het hulle die beste vertoning vir laaste gelos.

Die NWU het vir Wits oortuigend met 31 – 3 oorwin. Die Wits het nie eers ‘n reuk van die witlyn gekry nie. Pretorius se troepe het soos besetenes verdedig. Alhoewel hulle vyf drieë kon inpalm was dit nie genoeg om ‘n plek in die halfeindrondte los te speel nie.

Tuks het vroeër vir UJ met ‘n bonuspunt geklop wat hulle plek in die volgende rondte verseker het.

“Ek was ongelooflik trots op die manne gewees. Dit is seker my gunsteling wedstryd ooit. Ons het ons kant skoon gehou en gedoen wat ons kon. Ek het nooit getwyfel dat ons ‘n bonuspunt uit hierdie wedstryd gaan kry nie,” het André Pretorius, hoofafrigter, na die tyd gesê.

Hy gee toe dat hulle nooit in die posisie moes gewees het nie maar is bly dat hulle  tot die einde toe aanhou baklei het.

Die Potchefstromers het in moeilike nat toestande gelyk of hulle met ‘n droeë bal speel. Martin Venter het die agterlyn aan die gang gekry. Kaptein Sampie Swiegers het twee van die span se vyf drieë bygedra. Die NWU se Varsitybeker veldtog is vanjaar verby, dit is dalk nie die eindresultaat wat hulle wou gehad het nie, maar die spangees onder die groep het geseëvier.

As die groep bymekaar kan bly gaan hulle in dié skrywer se opinie volgende jaar een van die voorste aanspraakmakers op die Varsitybeker wees. Die NWU moet net kontinuïteit  vir volgende jaar behou.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button