SportSport

Luiperds beïndruk in opwarmingswedstryd

Die Luiperds het Vrydag ( 4 Februarie) in 'n opwarmingswedstryd teen die Pumas in Pretoria naelskraap verloor. 

Die Luiperds het Vrydag ( 4 Februarie) in ‘n opwarmingswedstryd teen die Pumas in Pretoria naelskraap verloor. Op ‘n stadium was die Noordwesters, 22-7 agter maar he ‘n goeie terugveg poging gewys. Di eindtelling was 29-26. Daar sal nog ‘n paar wedstryde gespeel word voor die Curriebeker-eerste divisie aan die einde van Maart begin. André Pretorius, hoofafrigter van die Luiperds, glo dat die Luiperds in ‘n baie beter plek is op die stadium va ndie seisoen as ooit te vore.

Eugene Hare is een van die Luiperds se senior staatsmanne wat hulle gaan nodig hê as hulle vanjaar na die Premier divisie van die Curriebeker bevorder wil word

    “Eric, Freddy en Garran is dinamiese afrigters wat baie goeie werk met die groep tot dusver gedoen het. ‘n Wen sou lekker wees, maar ek glo ons kan baie vat uit die wedstryd uit. Ek is regtig baie trots op hoe die manne in die wedstryd gespeel het,” het Pretorius gesê. Pretorius is tans besig met voorbereiding vir die Varsitybeker-toernooi wat Maandag (14 Februarie) afskop. Eric Herbert, Freddy Ngoza en Garann Kriek is tot die Varsitybeker verbei is, aan die stuur van sake. Herbert loof die spanpoging wat aangewend was. “Daar is klein dinge waaraan ons kan werk maar dit is maklik om reg te stel,” het hy gesê. Vanjaar is ‘n groot jaar vir die Luiperds omdat die span wat bo an die punteleer van die eerste divisie eindig vir die volgende twee jaar na die Curriebeker se premier divisie bevorder sal word. “Soos die Engelsman sê, ‘we will leave no stone unturned. We will throw the kitchen sink at  it’. Ons gaan regtig alles doen om op te skuif,” het Pretorius gesê.   ugby, Luiperdsrugbyunie, Rugb

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button