SportSport

Geen geesbeker vanjaar by Interhoër

Om nie dirigente te hoor wat hulle stemme hees skree en kinders wat hulle maats vanuit die pawiljoen aanspoor nie, klink amper ondenkbaar.

Daar gaan vanjaar in die Noordwes Grootskole Interhoër op Saterdag, 12 Februarie geen kleurvolle en kreatiewe geesvang en sang op die pawiljoen plaasvind nie.

Hierdie gesamentlike besluit is deur die onderskeie skole wat betrokke is, geneem weens die Covid-19 pandemie en die gepaardgaande maatreëls dat daar nie meer as 2000 toeskouers by ‘n buitelugbyeenkoms kan byeenkom nie.

Volgens Chris Conradie, atletiekorganiseerder van Potchefstroom Gimnasium, bestaan sangspanne alreeds uit 200 leerders per skool (8 skole) en tesame met atlete, beamptes en toeskouers sal die 2000 toeskouer-kapasiteit oorskry word.

“Daar mag net ‘n maksium van 2000 mense toegelaat word en ons wil die geleentheid gee vir ouers en lede van die publiek om te kan kom kyk. Die Inter word nou gesamentlik deur die deelnemende skole aangebied met elke skool wat vir ‘n sekere aspek verrantwoordelik is en sodoende die kostes ook deel,” noem hy.

Skole kry inkomste vir die interhoërbyeenkoms uit die hekgeld (R 55 per persoon) sowel as borggeld. “Dit maak ook nie ekonomies sin vir skole wat ver moet reis om 200 kinders in busse aan te ry nie, veral met huidige Covid-19 regulasies nie,” meen hy.

Dit is waar dat die Interhoër bekend is vir die sanggedeelte en optogte wat elke jaar ‘n hoogtepunt van die atletiekbyeenkoms is.

Om nie dirigente te hoor wat hulle stemme hees skree en kinders wat hulle maats vanuit die pawiljoen aanspoor nie, klink amper ondenkbaar.

Tog sal ouers steeds die atletiek op die dag kan ondersteun vir die eerste keer in twee jaar aangesien die NW Interhoër verlede jaar juis weens Covid-19 afgestel was.

Potchefstroom Gimnasium is tans die huidige wenners van die NW Grootskole Interhoër en sal sonder twyfel vanjaar weer een van die groot aanspraakmakers wees.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button