SportSport

Een hou, een paaltjie, een wenner

Die verskil tussen wen en verloor was so breed soos ‘n krieketbal se naat toe Potchefstroom Gimnasium Volkskool Potchefstroom op Volkies se veld in die 2015 Noordwes skolekrieket-finaal met slegs een paaltjie geklop het. Na ‘n kop-aan-kop kragmeting waar altwee spanne op sekere tye die botoon gevoer het, het Potchefstroom Gimnasium die laaste sê gehad, …

Die verskil tussen wen en verloor was so breed soos ‘n krieketbal se naat toe Potchefstroom Gimnasium Volkskool Potchefstroom op Volkies se veld in die 2015 Noordwes skolekrieket-finaal met slegs een paaltjie geklop het.

Koerant 2 (Medium)

Na ‘n kop-aan-kop kragmeting waar altwee spanne op sekere tye die botoon gevoer het, het Potchefstroom Gimnasium die laaste sê gehad, danksy Jaco Schoeman se onoorwonne 113 van 132 balle (14 viere en 2 sesse), wat hom die speler van die wedstryd-toekenning besorg het.Schoeman het op gepaste wyse die wenlopies met ‘n sierlike ses gemoker wat sy spanmaats laat jubel en juig het. Schoeman het sy arms omhoog gehou, ‘n reuse glimlag op sy gesig gehad en is minute later met ‘n staande erewag applous van beide Volkskool en Gimnasium se spanne van die veld geklap.

Wat hierdie wedstryd juis so besonders gemaak het was die wipplank van emosies wat beide spanne, ouers en organiseerders op die dag gevoel het. “Net nog een paaltjie Volkies, boul hom middelpen!,” en “kom Gimmies bly net staan en speel goeie houe!” was die narratief in die laaste paar boulbeurte toe die spanning begin hoog loop het.

Gimmies het wel gewys dat hulle staal in hulle pype gehad het om die wa ook maar net-net deur die drif te trek. Dit kan so maklik ander kant toe geswaai het en Volkies sal hierdie wedstryd sien as een waar hulle ‘n klomp kanse verspeel het met swak besluitneming in hulle kolfbeurt.Gimmies het die loot gewen en Volkies ingestuur om te kolf met die blad wat met die 09:00 begin nog wip vir hulle naatbouler, SW Rossouw, sou gee.

Volkies se Jandré Dreyer, was die groot vis, en Gimmies kon hulle geluk nie glo toe hulle hom vir slegs 9 uitgehardloop het nie. Dit was ‘n onnodige verlies vir Volkies wat telkemale op Dreyer staatmaak.

20151017 Noord Wes Krieket finaal in Potchefstroom waar Volkskool en Gimnasium in die finaal teen mekaar speelJandre Dreyer is uitgehardloop vir 9. Foto Mario van de Wall
20151017 Noord Wes Krieket finaal in Potchefstroom waar Volkskool en Gimnasium in die finaal teen mekaar speelJandre Dreyer is uitgehardloop vir 9. Foto Mario van de Wall

 

Louis van Schalkwyk en Charles Louw het ook nie lank gehou nie met laasgenoemde wat voor ‘n briljante vangskoot van Lourén Steenkamp moes swyg.Steenkamp het ook twee uithardloopkanse en vangskote benut om ‘n goeie dag in die veld vir Gimmies af te rond.Volkies se Ruan von Abo het ‘n doelgerigte 43 gemaak om sy span se skip op koers te stuur,  maar toe hy uit is, is die wind uit hulle seile geslaan.

 

Vier spelers is ook uitgehardloop met breindood besluitneming wat Gimmies se taak vergemaklik het. Volkies is almal uitgeboender vir slegs 181 in die 46ste boulbeurt.Ruan Haasbroek was Gimmies se beste bouler met 2/25 in 7.5 boulbeurte.Volkies moes vroeg deurbraak maak en Jacques Bouwer het sy span ‘n massiewe hupstoot gegee toe hy met die bal van die wedstryd van Steenkamp ontslae raak vir ‘n nulletjie.

nw v g 9 (Medium)

 

Die bal het die wegpen skraps getref om die dwarspaaltjie te laat val.Van Schalkwyk het met sy draaiballe toe vir Jooste Fourie (14) en Ruan Haasbroek (15) kleedkamer toe gestuur, alhoewel die been voor paaltjie besluite bevraagteken kon word.Schoeman het wel ingeklim en al het paaltjies om hom geval, het hy goed kopgehou en ‘n paar lieflike dryfhoue na die grens toe gespeel.

IMG_0622 (Medium)

Cobus Crowther was Volkies se grootste boulwapen met sy wegbreekdraaiballe wat hom 3/32 gegee het. Sy boulwerk het Gimmies op ‘n stadium op 74/6 laat steier en Volkies kon amper begin feesvier – of so het hulle gedink.

IMG_0642 (Medium)

Anton Prinsloo het vir Schoeman bygestaan en saam het hulle ingeklim en hard vir elke lopie gewerk. Prinsloo het gedurig enkellopies geslaan terwyl Schoeman die grenshoue ingepalm het. Hulle vennootskap van 84 het gelyk of dit Gimmies gaan deurvoer, totdat Prinsloo ‘n waaghalsige hou teen Van Schalkwyk probeer het. Hy het sy balans buite sy kolfkamp verloor en is sodoende uitgehardloop.

Gimmies se volgende kolwers Divan Mienie en GP van der Merwe is albei vir 0 uitgehaal kort daarna, wat al die druk op Schoeman se skouers geplaas het.Nietemin moet Kobus Viljoen se kolfwerk op nommer 11 ook geprys word. Hy het een beurt van Crowther oorleef en die bal geblok asof sy lewe daarvan afhang.

IMG_0670 (Medium)

Schoeman kon toe in die volgende beurt die nodige lopies slaan wat hy met daardie ses beklink het en hul telling op 184/9 gelaat het.Die 2015 Noordwes skolekrieket-finaal tussen Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerstespanne gaan beslis vir lank onthou word as die mees spannende wedstryd nog tussen die twee klassieke teenstanders.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button