NewsNews

Ma sterf twee maande n aanval

Die 66-jarige Lily Smit wat sedert 1 Desember in ’n koma was nadat sy en haar man wreed by hul huis aangeval is, is Woensdagoggend omstreeks 10:30 oorlede.

Die 66-jarige Lily Smit wat sedert 1 Desember in ’n koma was nadat sy en haar man wreed by hul huis aangeval is, is Woensdagoggend omstreeks 10:30 oorlede.
Volgens haar dogter, Lindie van Dyk, het haar ma vog op haar longe ontwikkel, waarna sy oorlede is. Dokters het voor Lily se dood vir haar familie gesê dat sy in alle waarskynlikheid vir die res van haar lewe in ’n vegetatiewe staat sal bly.
“Sy is nou op ’n beter plek. Ek weet sy sou nie so wou leef nie. Dit is eintlik maar ’n seëning van Bo,” het Van Dyk gesê.
Haar dogter het haar beskryf as ’n besige, positiewe mens wat ’n rots was vir haar kinders.
“Sy het altyd gesê as ek kla dat dit al weer Maandag is, ’n Maandag hoef nie blou te wees nie, jy kan dit enige kleur inkleur.
“Sy het ‘n mens altyd moed ingepraat,” vertel Van Dyk.
Lily is tydens die aanval met ’n staalpyp oor die kop geslaan.
Ao. Kevin Pretorius, ondersoekbeampte in die saak, het Donderdag (25 Januarie) tydens die borgaansoek getuig dat Lily se skedel ingeduik is.
Haar man Boeta (69) is dieselfde dag op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie kere met vermoedelik dieselfde staalstaaf oor die kop geslaan is.
Die staaf wat op die moordtoneel gevind is, is sowat 1.2 meter lank.
Daar sal nou in alle waarskynlikheid nog ’n klag van moord teen die verdagte, Pfunzo Netshiangolwe (30) gevoeg word.
Die aanval het slegs ’n week na die egpaar se seun se troue gebeur.
Die verdagte het die egpaar se bakkie gesteel, maar is kort na die aanval in hegtenis geneem nadat hy twee ongelukke veroorsaak het terwyl veiligheidsgroepe hom agternagesit het.
Netshiangolwe het Donderdag 25 Januarie in die landdroshof in die stad verskyn waar hy borgtog geweier is.
Ao. Kevin Pretorius het tydens die borgaansoek getuig dat hy nog nooit op ’n toneel was waar daar soveel geweld en so baie bloed was nie.
Landdros Magaolo Foso het gesê dat Netshiangolwe, wat van ses ernstige misdrywe aangekla word, nie naastenby buitengewone omstandighede bewys het wat borgtog regverdig nie.
Lily se selfoon en sigarette soos dié wat Boeta gerook het, is in Netshiangolwe se besit gevind.
Hy het egter aangevoer dat hy niks van die voorval weet nie. Netshiangolwe is vroeër in Bethal skuldig bevind op die aanranding van ’n polisielid.
Pretorius het ook getuig dat die beskuldigde in Desember ten tyde van sy inhegtenisname, ook ’n speurder van Potchefstroom aangerand het.
Die saak is tot 26 Februarie uitgestel vir die verhoor in die hooggeregshof.
* Lily se begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie gefinaliseer nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button